VF Plus - Groot Karoo

Website

VF Plus - Groot Karoo Meer as ’n politieke party. Met ’n nuwe visie vir ’n suksesvolle SA, verbind tot beter dienslewering en verantwoordbaarheid. | More than a political party.

With a bold new vision for a successful SA, committed to service delivery and accountability.

𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝘄𝘆𝘀: 𝗚𝗿𝗼𝗲𝗻 𝘀𝗮𝗹 𝗱𝗶𝘁 𝗱𝗼𝗲𝗻 𝗶𝗻 𝗕𝗲𝗮𝘂𝗳𝗼𝗿𝘁-𝗪𝗲𝘀 𝘀𝗲 𝘄𝘆𝗸 𝟲VF Plus-plakkate is vandag in wyk 6 van Beaufort-Wes aangebring ...
10/10/2026

𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝘄𝘆𝘀: 𝗚𝗿𝗼𝗲𝗻 𝘀𝗮𝗹 𝗱𝗶𝘁 𝗱𝗼𝗲𝗻 𝗶𝗻 𝗕𝗲𝗮𝘂𝗳𝗼𝗿𝘁-𝗪𝗲𝘀 𝘀𝗲 𝘄𝘆𝗸 𝟲

VF Plus-plakkate is vandag in wyk 6 van Beaufort-Wes aangebring en het ’n welkome groen, wit en oranje na die wyk gebring.

Dankie aan almal wat hand bygesit het om die VF Plus se veldtog sigbaar te maak!

🗳️ 𝗪𝗶𝗲 𝗶𝘀 𝗺𝘆 𝗸𝗮𝗻𝗱𝗶𝗱𝗮𝗮𝘁?👇 𝙎𝙘𝙧𝙤𝙡𝙡 𝙙𝙤𝙬𝙣 𝙛𝙤𝙧 𝙀𝙣𝙜𝙡𝙞𝙨𝙝 👇Wie is die VF Plus-kandidaat in jou omgewing? Besoek die skakel hieron...
10/10/2026

🗳️ 𝗪𝗶𝗲 𝗶𝘀 𝗺𝘆 𝗸𝗮𝗻𝗱𝗶𝗱𝗮𝗮𝘁?

👇 𝙎𝙘𝙧𝙤𝙡𝙡 𝙙𝙤𝙬𝙣 𝙛𝙤𝙧 𝙀𝙣𝙜𝙡𝙞𝙨𝙝 👇

Wie is die VF Plus-kandidaat in jou omgewing? Besoek die skakel hieronder en hou die blad dop vir inligting oor jou plaaslike kandidaat.

Raak ingelig, raak betrokke en deel die skakel met jou familie en vriende. Jou gemeenskap se toekoms raak ons almal!

👇 Besoek die Afrikaanse blad:
https://www.vfplus.org.za/af/munisipale-verkiesings/wie-is-my-kandidaat/

_________________________

🗳️ 𝗪𝗵𝗼 𝗶𝘀 𝗺𝘆 𝗰𝗮𝗻𝗱𝗶𝗱𝗮𝘁𝗲?

Who is the VF Plus candidate in your area? Visit the link below and keep an eye on the page for information about your local candidate.

Stay informed, get involved and share the link with your family and friends. Your community’s future matters to us all!

👇 Visit the English page:
https://www.vfplus.org.za/municipal-elections/who-is-my-candidate/

Die VF Plus verwerp die dreigemente van die regering en minister Ronald Lamola om politieke teenstanders en burgerregtegroepe te muilband deur hul burgerskap te ontneem weens die sogenaamde verkondiging van “vals inligting”, met minagting. Die verdere voorstel om

Vandag vier ons Heldedag! 🧡 STAAN OP vir wat joune is! 🙌
10/10/2026

Vandag vier ons Heldedag! 🧡 STAAN OP vir wat joune is! 🙌

𝗙𝗹𝗶𝗽 𝗕𝗼𝘁𝗵𝗮, 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀-𝗸𝗮𝗻𝗱𝗶𝗱𝗮𝗮𝘁 𝘃𝗶𝗿 𝘄𝘆𝗸𝗲 𝟮 𝗲𝗻 𝟲, 𝗯𝗿𝗶𝗻𝗴 𝗱𝗶𝗲 𝗯𝗼𝗼𝗱𝘀𝗸𝗮𝗽 𝗻𝗮 𝗕𝗲𝗮𝘂𝗳𝗼𝗿𝘁-𝗪𝗲𝘀👇 𝙎𝙘𝙧𝙤𝙡𝙡 𝙙𝙤𝙬𝙣 𝙛𝙤𝙧 𝙀𝙣𝙜𝙡𝙞𝙨𝙝 👇Flip Botha, ...
09/10/2026

𝗙𝗹𝗶𝗽 𝗕𝗼𝘁𝗵𝗮, 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀-𝗸𝗮𝗻𝗱𝗶𝗱𝗮𝗮𝘁 𝘃𝗶𝗿 𝘄𝘆𝗸𝗲 𝟮 𝗲𝗻 𝟲, 𝗯𝗿𝗶𝗻𝗴 𝗱𝗶𝗲 𝗯𝗼𝗼𝗱𝘀𝗸𝗮𝗽 𝗻𝗮 𝗕𝗲𝗮𝘂𝗳𝗼𝗿𝘁-𝗪𝗲𝘀

👇 𝙎𝙘𝙧𝙤𝙡𝙡 𝙙𝙤𝙬𝙣 𝙛𝙤𝙧 𝙀𝙣𝙜𝙡𝙞𝙨𝙝 👇

Flip Botha, die VF Plus se kandidaat vir wyke 2 en 6 in Beaufort-Wes, het vanoggend die party se boodskap uitgedra en verkiesingsplakkate aangebring om die VF Plus se sigbaarheid in die dorp te versterk.

Met dié aksie het Botha die plaaslike verkiesingsveldtog verder momentum gegee en die VF Plus se teenwoordigheid in Beaufort-Wes duidelik sigbaar gemaak.

____________________

𝗙𝗹𝗶𝗽 𝗕𝗼𝘁𝗵𝗮, 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗰𝗮𝗻𝗱𝗶𝗱𝗮𝘁𝗲 𝗳𝗼𝗿 𝗪𝗮𝗿𝗱𝘀 𝟮 𝗮𝗻𝗱 𝟲, 𝘁𝗮𝗸𝗲𝘀 𝘁𝗵𝗲 𝗺𝗲𝘀𝘀𝗮𝗴𝗲 𝘁𝗼 𝗕𝗲𝗮𝘂𝗳𝗼𝗿𝘁 𝗪𝗲𝘀𝘁

Flip Botha, the VF Plus candidate for Wards 2 and 6 in Beaufort West, took the party’s message into town this morning and put up election posters to strengthen the VF Plus’s local visibility.

The initiative added momentum to Botha’s local election campaign and gave the VF Plus a clear, visible presence in Beaufort West.

𝗩𝗙 𝗣𝗟𝗨𝗦 𝗡𝗘𝗘𝗠 𝗩𝗘𝗥𝗞𝗜𝗘𝗦𝗜𝗡𝗚𝗦𝗕𝗢𝗢𝗗𝗦𝗞𝗔𝗣 𝗡𝗔 𝗠𝗘𝗥𝗪𝗘𝗩𝗜𝗟𝗟𝗘 𝗘𝗡 𝗟𝗔𝗡𝗗𝗘𝗟𝗜𝗞𝗘 𝗚𝗘𝗕𝗜𝗘𝗗𝗘👇 𝗦𝗰𝗿𝗼𝗹𝗹 𝗱𝗼𝘄𝗻 𝗳𝗼𝗿 𝗘𝗻𝗴𝗹𝗶𝘀𝗵 👇Flip Botha, die VF Plus-ka...
09/10/2026

𝗩𝗙 𝗣𝗟𝗨𝗦 𝗡𝗘𝗘𝗠 𝗩𝗘𝗥𝗞𝗜𝗘𝗦𝗜𝗡𝗚𝗦𝗕𝗢𝗢𝗗𝗦𝗞𝗔𝗣 𝗡𝗔 𝗠𝗘𝗥𝗪𝗘𝗩𝗜𝗟𝗟𝗘 𝗘𝗡 𝗟𝗔𝗡𝗗𝗘𝗟𝗜𝗞𝗘 𝗚𝗘𝗕𝗜𝗘𝗗𝗘

👇 𝗦𝗰𝗿𝗼𝗹𝗹 𝗱𝗼𝘄𝗻 𝗳𝗼𝗿 𝗘𝗻𝗴𝗹𝗶𝘀𝗵 👇

Flip Botha, die VF Plus-kandidaat vir wyk 6, wat Merweville en omliggende gebiede bedien, het saam met sy mede-kandidaat, Jaco Pienaar, en ander VF Plus-lede seker gemaak dat die VF Plus se boodskap ook die gemeenskap van Merweville en die omliggende landelike gebiede bereik.

Die span het Donderdag, 8 Oktober, ’n besoek aan die dorp gebring as deel van die VF Plus se verkiesingsveldtog om inwoners te bereik, die party se boodskap uit te dra en groter bewusmaking van die VF Plus se visie en planne vir plaaslike gemeenskappe te skep.

Die VF Plus bly daartoe verbind om ook in kleiner dorpe en landelike gemeenskappe sigbaar en betrokke te wees.

_________

𝗩𝗙 𝗣𝗟𝗨𝗦 𝗧𝗔𝗞𝗘𝗦 𝗜𝗧𝗦 𝗘𝗟𝗘𝗖𝗧𝗜𝗢𝗡 𝗠𝗘𝗦𝗦𝗔𝗚𝗘 𝗧𝗢 𝗠𝗘𝗥𝗪𝗘𝗩𝗜𝗟𝗟𝗘 𝗔𝗡𝗗 𝗥𝗨𝗥𝗔𝗟 𝗔𝗥𝗘𝗔𝗦

Flip Botha, the VF Plus candidate for Ward 6, which includes Merweville and the surrounding areas, joined his fellow candidate, Jaco Pienaar, and other VF Plus members to ensure that the party’s message reaches the community of Merweville and the surrounding rural areas.

The team visited the town on Thursday, 8 October, as part of the VF Plus election campaign to engage with residents, share the party’s message and raise awareness of the VF Plus vision and plans for local communities.

The VF Plus remains committed to being visible and actively involved in smaller towns and rural communities.

𝗠𝘂𝗿𝗿𝗮𝘆𝘀𝗯𝘂𝗿𝗴 𝗼𝗻𝘁𝘃𝗮𝗻𝗴 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗺𝗲𝘁 𝗼𝗽𝗲 𝗮𝗿𝗺𝘀👇 𝙎𝙘𝙧𝙤𝙡𝙡 𝙙𝙤𝙬𝙣 𝙛𝙤𝙧 𝙀𝙣𝙜𝙡𝙞𝙨𝙝 👇Johann Wessels en Jaco Pienaar, twee VF Plus-kandidat...
07/10/2026

𝗠𝘂𝗿𝗿𝗮𝘆𝘀𝗯𝘂𝗿𝗴 𝗼𝗻𝘁𝘃𝗮𝗻𝗴 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗺𝗲𝘁 𝗼𝗽𝗲 𝗮𝗿𝗺𝘀

👇 𝙎𝙘𝙧𝙤𝙡𝙡 𝙙𝙤𝙬𝙣 𝙛𝙤𝙧 𝙀𝙣𝙜𝙡𝙞𝙨𝙝 👇

Johann Wessels en Jaco Pienaar, twee VF Plus-kandidate in Beaufort-Wes, is tydens hul besoek aan Murraysburg met ope arms ontvang. Dié hartlike ontvangs is ’n bemoedigende teken vir die party se veldtog in aanloop na die munisipale verkiesing van 4 November.

Vir die VF Plus gaan hierdie verkiesing oor meer as setels in die raad. Dit gaan oor inwoners wat gehoor moet word, gemeenskappe wat behoorlike diens verdien en verteenwoordigers wat bereid is om tussen die mense te staan.

Wessels en Pienaar het ook aan ’n verkiesingsdebat met ander deelnemende politieke partye deelgeneem. Dit het inwoners die geleentheid gebied om die verskillende partye aan te hoor en hul keuses te oorweeg voordat hulle hul kruisies trek.

Die VF Plus se boodskap is duidelik: Murraysburg se mense en hul behoeftes moet deel wees van die munisipaliteit se prioriteite. Elke gemeenskap verdien aandag, aanspreeklikheid en ’n sterk stem in die raad.

Johann en Jaco se besoek gee nuwe stukrag aan dié boodskap. Nou lê die geleentheid by die stembus om ondersteuning in verteenwoordiging te omskep.

𝗚𝗲𝗲 𝗠𝘂𝗿𝗿𝗮𝘆𝘀𝗯𝘂𝗿𝗴 ’𝗻 𝘀𝘁𝗲𝗿𝗸 𝘀𝘁𝗲𝗺. 𝗦𝘁𝗲𝗺 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗼𝗽 𝟰 𝗡𝗼𝘃𝗲𝗺𝗯𝗲𝗿.

__________________________

𝗠𝘂𝗿𝗿𝗮𝘆𝘀𝗯𝘂𝗿𝗴 𝘄𝗲𝗹𝗰𝗼𝗺𝗲𝘀 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝘄𝗶𝘁𝗵 𝗼𝗽𝗲𝗻 𝗮𝗿𝗺𝘀

Johann Wessels and Jaco Pienaar, two VF Plus candidates in Beaufort West, were welcomed with open arms during their visit to Murraysburg. This warm reception is an encouraging sign for the party’s campaign ahead of the municipal election on 4 November.

For the VF Plus, this election is about more than seats on the council. It is about residents whose voices deserve to be heard, communities that deserve proper services and representatives willing to stand alongside the people.

Wessels and Pienaar also took part in an election debate with other contesting political parties. This gave residents an opportunity to hear from the different parties and consider their choices before casting their votes.

The VF Plus message is clear: the people of Murraysburg and their needs must be among the municipality’s priorities. Every community deserves attention, accountability and a strong voice on the council.

Johann and Jaco’s visit adds fresh momentum to that message. The ballot box now offers the opportunity to turn support into representation.

𝗚𝗶𝘃𝗲 𝗠𝘂𝗿𝗿𝗮𝘆𝘀𝗯𝘂𝗿𝗴 𝗮 𝘀𝘁𝗿𝗼𝗻𝗴 𝘃𝗼𝗶𝗰𝗲. 𝗩𝗼𝘁𝗲 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗼𝗻 𝟰 𝗡𝗼𝘃𝗲𝗺𝗯𝗲𝗿.

07/10/2026

🎥 𝗗𝗮𝗻𝗶𝗲 𝗔𝗰𝗸𝗲𝗿, 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝘀𝗲 𝗪𝗲𝘀-𝗞𝗮𝗮𝗽-𝘃𝗼𝗼𝗿𝘀𝗶𝘁𝘁𝗲𝗿, 𝗴𝗲𝘀𝗲𝗹𝘀 𝗼𝗼𝗿 𝗵𝗼𝗲𝗸𝗼𝗺 𝗷𝘆 𝘃𝗶𝗿 𝗱𝗶𝗲 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗺𝗼𝗲𝘁 𝘀𝘁𝗲𝗺

👇 𝙎𝙘𝙧𝙤𝙡𝙡 𝙙𝙤𝙬𝙣 𝙛𝙤𝙧 𝙀𝙣𝙜𝙡𝙞𝙨𝙝 👇

Danie Acker, die VF Plus se provinsiale voorsitter in die Wes-Kaap, burgemeesterskandidaat vir Mosselbaai én kandidaat vir wyk 10, gesels in hierdie video oor waarom kiesers hul steun aan die VF Plus behoort te gee.

Kyk gerus na die video en luister na sy boodskap aan Mosselbaai se kiesers. Maak ’n ingeligte keuse wanneer jy jou kruisie trek — jou stem help bepaal wie jou en jou gemeenskap in die munisipale raad verteenwoordig.

_____________

🎥 𝗗𝗮𝗻𝗶𝗲 𝗔𝗰𝗸𝗲𝗿, 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗪𝗲𝘀𝘁𝗲𝗿𝗻 𝗖𝗮𝗽𝗲 𝗰𝗵𝗮𝗶𝗿𝗽𝗲𝗿𝘀𝗼𝗻, 𝗲𝘅𝗽𝗹𝗮𝗶𝗻𝘀 𝘄𝗵𝘆 𝘆𝗼𝘂 𝘀𝗵𝗼𝘂𝗹𝗱 𝘃𝗼𝘁𝗲 𝗳𝗼𝗿 𝘁𝗵𝗲 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀

Danie Acker, the VF Plus provincial chairperson in the Western Cape, mayoral candidate for Mossel Bay and candidate for ward 10, explains in this video why voters should support the VF Plus.

Watch the video and hear his message to the voters of Mossel Bay. Make an informed choice when you cast your ballot — your vote helps determine who represents you and your community on the municipal council.

01/10/2026
𝑯𝒖𝒍𝒅𝒆𝒃𝒍𝒚𝒌 𝒏𝒂𝒎𝒆𝒏𝒔 𝒓𝒂𝒂𝒅𝒔𝒉𝒆𝒆𝒓 𝑱𝒐𝒉𝒂𝒏 𝑨𝒍𝒍𝒆𝒓𝒔𝗦𝗔𝗔𝗚 𝗝𝗢𝗡𝗞𝗘𝗥 𝗦𝗘 𝗛𝗘𝗘𝗡𝗚𝗔𝗔𝗡 𝗜𝗦 ’𝗡 𝗚𝗥𝗢𝗢𝗧 𝗩𝗘𝗥𝗟𝗜𝗘𝗦 𝗩𝗜𝗥 𝗢𝗨𝗗𝗧𝗦𝗛𝗢𝗢𝗥𝗡 – 𝗝𝗢𝗛𝗔𝗡 𝗔𝗟𝗟𝗘𝗥𝗦Raadshee...
29/09/2026

𝑯𝒖𝒍𝒅𝒆𝒃𝒍𝒚𝒌 𝒏𝒂𝒎𝒆𝒏𝒔 𝒓𝒂𝒂𝒅𝒔𝒉𝒆𝒆𝒓 𝑱𝒐𝒉𝒂𝒏 𝑨𝒍𝒍𝒆𝒓𝒔
𝗦𝗔𝗔𝗚 𝗝𝗢𝗡𝗞𝗘𝗥 𝗦𝗘 𝗛𝗘𝗘𝗡𝗚𝗔𝗔𝗡 𝗜𝗦 ’𝗡 𝗚𝗥𝗢𝗢𝗧 𝗩𝗘𝗥𝗟𝗜𝗘𝗦 𝗩𝗜𝗥 𝗢𝗨𝗗𝗧𝗦𝗛𝗢𝗢𝗥𝗡 – 𝗝𝗢𝗛𝗔𝗡 𝗔𝗟𝗟𝗘𝗥𝗦

Raadsheer Johan Allers, leier van die VF Plus Oudtshoorn, het sy innige medelye met die Jonker-familie uitgespreek ná die nuus van die afsterwe van Sagaria “Saag” Jonker. Allers sê hy het geweldig baie respek vir Jonker gehad en beskryf sy heengaan as ’n groot verlies vir Oudtshoorn se sake- en boerderygemeenskap, en vir die Klein Karoo as geheel.

“Saag was een van die mense wat help bou het aan Oudtshoorn se naam as sentrum van die volstruisbedryf. Sy invloed het veel verder as sy eie plase gestrek. Hy het ’n groot onderneming opgebou, werk geskep en gewys wat met harde werk, deursettingsvermoë en vertroue in hierdie streek moontlik is. Ek het die grootste respek gehad vir wat hy bereik het en vir die rol wat hy oor soveel jare in ons gemeenskap gespeel het,” sê Allers.

Jonker het die Saag Jonker-groep sedert 1976 van ’n beskeie begin af uitgebou. Deur volstruisboerdery, verwerking en internasionale bemarking met mekaar te verbind, het hy gehelp om produkte uit die Klein Karoo na die wêreldmark te neem. Sy aanwysing as Suid-Afrika se Boer van die Jaar in 2000 was erkenning vir sy uitsonderlike bydrae tot die landbou.

“Vir Oudtshoorn was Saag veel meer as ’n suksesvolle boer en sakeman. Hy het ’n groot rol in die ekonomiese lewe van ons dorp gespeel. Sy onderneming het ’n bestaan aan werknemers en hul gesinne gebied, terwyl ander plaaslike ondernemings ook deel van daardie groter landboubedryf was. Daarom word sy verlies so wyd gevoel,” sê Allers.

Die Saag Jonker-groep het oor die jare ook in behuising, sanitasie, kindersorg en ontspanningsgeriewe vir werknemers en hul gesinne belê. Plaaswerkers uit die onderneming het erkenning in streeks- en provinsiale kompetisies ontvang. Dié deel van Jonker se nalatenskap herinner daaraan dat ’n boerdery se invloed ook in mense se lewens gemeet word.

Een verhaal gee ’n blik op daardie menslike kant. ’n Plaaswerker wat in 2011 ’n besondere toekenning ontvang het, het vertel hoe die Jonker-gesin hom en sy broers en susters ná hul ma se dood ondersteun het. Jonker het by die prysuitdeling aangekondig dat hy die werker se motorlening by die plaas sou afskryf.

Jonker se belangstelling in die toekoms van die landbou het verder as sy eie onderneming gestrek. Hy het die belang van samewerking tussen boere oor rasgrense heen beklemtoon. Volgens sy familie was hy selfs op 85 nog aktief by die boerdery betrokke en het hy gereeld sy rondtes op die plase gedoen.

“Ons dink vandag veral aan Hazel, sy kinders en die hele Jonker-familie. ’n Gemeenskap kan ’n man vir sy prestasies eer, maar vir sy geliefdes is die verlies diep persoonlik. Namens myself en die VF Plus Oudtshoorn betuig ek ons innige meegevoel met hulle, asook met sy werknemers, mede-boere, sakevennote en vriende,” sê Allers.

Allers bedank die polisieduikers, nooddienspersoneel, boere, werkers, vrywilligers en gemeenskapslede wat by die soektog betrokke was. “Julle bereidheid om te help, het gewys hoe die Klein Karoo in ’n tyd van nood saamstaan. Mag die Jonker-familie krag en vertroosting vind in die dae wat voorlê.”

“Saag Jonker laat veel meer as ’n boerdery agter. Hy laat ’n lewenswerk na wat deel van Oudtshoorn se verhaal geword het. Ons sal hom met groot respek onthou.”

𝗥𝘂𝘀 𝗶𝗻 𝘃𝗿𝗲𝗱𝗲, 𝗦𝗮𝗮𝗴 𝗝𝗼𝗻𝗸𝗲𝗿.

Address

11 Charles De Gaulle Crescent
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VF Plus - Groot Karoo posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share