01/04/2026
Selfs die Karel Landman Monument loop deur… 😅
Onderdeel-diewe het nou amptelik ‘n nuwe laagtepunte bereik… hulle het sommer die wiele van die ossewa af gesteel!
En hier het ons ged**k ons is slim om hom betyds uit te trek voor môre se petrolprysstyging… nou staan ons, heeltemal brandstofloos én wiel-loos.
Ons wag nou net vir die persoon om te vra of hy dalk ook die osse kan kom haal…
Hierdie was n Aprilgekkedag grappie 🙊. Die wiele is nog presies waar hulle hoort 😅
22/12/2025
Die laaste paar foto’s van Geloftedag by die Karel Landman Monument
Baie dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie betekenisvolle dag kom herdenk het. Julle teenwoordigheid, respek en ondersteuning maak dit moontlik om ons geskiedenis en erfenis lewend te hou.
Indien jy graag op hoogte wil bly van toekomstige geleenthede, nuus en aankondigings, kan jy versoek om by ons groep aan te sluit via die skakel hieronder:
https://linktr.ee/KarelLandmanMonument
Ons sien uit daarna om julle weer te verwelkom.
19/12/2025
Die eerste foto’s van vanjaar se Geloftefees by die Karel Landman Monument is hier!
’n Dag gevul met geskiedenis, erfenis en saamwees, waar ons nie net onthou waar ons vandaan kom nie, maar ook hoekom dit steeds saak maak. Dankie aan elkeen wat deel was van hierdie besondere fees en bygedra het tot die atmosfeer van trots en respek.
Bly ingeskakel vir nog hoogtepunte en herinneringe uit die dag.
18/12/2025
Heruitsending van on regstreekse stroom is nou beskikbaar!
Herleef saam met ons die Karel Landman Monument se viering van Geloftedag op 16 Desember 2025. 
Skakel vir die volle regstreekse stroom op YouTube:
https://youtu.be/Fi7ifN8_XDI
Laat weet ons wat jy van die diens en verrigtinge d**k in die kommentaar!
16/12/2025
Vandag vier on Geloftedag hier by die Karel Landman Monument in Alexandria!
Dit sal ’n dag vol erfenis, kultuur en trots wees – met ’n geloftediens, volkspele, FAK-liedjies, kanonafvuur, boeresport en die hys van die vlag. Die gasspreker, advokaat Marius Ackerman, bring ’n inspirerende boodskap oor ons erfenis en verantwoordelikheid.
Bring jou hele gesin en beleef ’n fees van geloof, gemeenskap en Afrikaans – want ons erfenis is ons verantwoordelikheid!
Kontak Riana Heyneke – 082 782 2682 vir meer inligting.
15/12/2025
Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat tot sy eer sal deurbring, en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.
Ons sien uit daarna om more saam met julle die Geloftefees te vier.
Kontak Riana Heyneke – 082 782 2682 vir meer inligting.
Verskeie Kunstenaars - Die Gelofte (Live at Sun Arena / Afrikaans is Groot 2023)
🗓 Klik hierdie skakel om dié datum op jou kalender te plaas: https://bit.ly/AiG24Kalender Met trots aangebied deur Virseker, in samewerking met Laeveld Agro...
14/12/2025
Geloftedag is nie net ’n dag van oorwinning nie, maar ook een van dankbaarheid en geloof. Dit herinner ons daaraan om ons belofte na te kom en om vertroue in God te hê in moeilike tye.
Kontak Riana Heyneke – 082 782 2682 vir meer inligting.
12/12/2025
Kom wees deel van jou erfenis. Vier Geloftedag saam met ons, Dinsdag 16 Desember, hier by die Karel Landman-monumentterrein.
Kontak Riana Heyneke – 082 782 2682 vir meer inligting.
08/12/2025
Ontmoet ons spreker vir die Geloftefees, Advokaat Marius Ackermann - Direksievoorsitter van Erfenisstigting en Voortrekkermonument.
Marius is op 26 Februarie 1951 in Germiston gebore en het sy skoolloopbaan in Standerton en Rustenburg voltooi voordat hy diensplig in die Staatspresidentswag gedoen het. Hy het aan die Universiteit van Pretoria studeer waar hy ’n BA, LLB en LLD in Strafreg, asook ’n MA in Kreatiewe Skryfkuns behaal het.
In sy loopbaan was hy onder meer staatsaanklaer, advokaat en regsadviseur in die Kantoor van die Staatspresident (1987–1994). Marius is die skrywer van vier humoristiese romans, kortverhale en talle artikels vir publikasies soos Maroela Media, die FAK se Flink en Pretoria Historia.
Hy het ook die gedenkboek Ooskerk 90 geskryf oor die NG gemeente Pretoria-Oos se kerkgebou, ontwerp deur Gerard Moerdijk. Deur die jare het hy dikwels lesings aangebied oor monumente en geskiedkundige figure soos J.C. Smuts en J.G. Strijdom, en dien hy reeds bykans tien jaar in die direksies van die Erfenisstigting en die Voortrekkermonument, waarvan hy tans voorsitter is.
Hy stel groot belang in Suid-Afrika se geskiedenis, kultuur, sport en politiek, is getroud met Susie, ’n afgetrede onderwyseres, en hulle het vier kinders en agt kleinkinders. In sy vrye tyd geniet hy stap en die inheemse natuurlewe.
Skakel na die dag: Geloftefees
Kontak Riana Heyneke – 082 782 2682 vir meer inligting.