02/11/2026
TWEEKAMP:🏃♂️🏊♀️🥇
Daar het 'n groep van 13 HSB Tweekampers aan die Tweekampbyeenkoms by Ruens Kollege deelgeneem op 31 Oktober. Die Bonnies het hulle staal gewys en mooi gehardloop en vinnig geswem. Verskeie Bonnies het hulle persoonlike beste tye behaal. Ons is trots op elkeen van julle. Hou so aan. Ons sien uit na die volgende byeenkoms.