05/11/2026
💙 Sorg, waardigheid en insluiting behoort nooit ’n ouderdomsbeperking te hê of van ’n persoon se vermoëns af te hang nie.
Ek het vandag die voorreg gehad om Huis PJ Strauss in Ceres te besoek, ’n organisasie wat noodsaaklike sorg en ondersteuning bied aan ouer persone wat swak of kwesbaar is, of wat met fisieke gestremdhede leef.
Tydens die Bewusmakingsmaand vir die Regte van Persone met Gestremdhede herinner besoeke soos hierdie ons daaraan hoe belangrik dit is om te verseker dat almal die waardigheid, sorg en ondersteuning ontvang wat hulle verdien.
’n Hartlike dankie aan die toegewyde span by Huis Pieter Strauss omdat julle jul leuse, “Caring with Compassion”, uitleef, en vir die liefde en toewyding wat julle elke dag aan jul inwoners toon.