Laerskool Wierdapark

Call Directions Website Contact the organization

Laerskool Wierdapark Laerskool Wierdapark- waar ons opstaan vir ONS-self, ONS skool en ONS gemeenskap.

GHOLFDAG PUTJIES 2026JULLE HET DIE GEES GEBRING!’n Groot dankie aan elke besigheid wat deel was van Laerskool Wierdapark...
23/10/2026

GHOLFDAG PUTJIES 2026
JULLE HET DIE GEES GEBRING!

’n Groot dankie aan elke besigheid wat deel was van Laerskool Wierdapark se Gholfdag 2026!

Dankie dat julle nie net ons Gholfdag ondersteun het nie, maar ook gehelp het om dit ’n onvergeetlike dag te maak!

Baie dankie aan ons Gholfdag hoofborg I-Fit Fitness

GHOLFDAG 2026 | BAIE DANKIE AAN ONS BORGE!Laerskool Wierdapark wil graag ons opregte dank uitspreek teenoor elke borg wa...
22/10/2026

GHOLFDAG 2026 | BAIE DANKIE AAN ONS BORGE!

Laerskool Wierdapark wil graag ons opregte dank uitspreek teenoor elke borg wat ons Gholfdag 2026 moontlik maak. Julle ondersteuning en betrokkenheid dra by tot die sukses van ons skool en help ons om meer geleenthede vir ons Wieries te skep.

’N SPESIALE BEDANKING AAN ONS HOOFBORG: I-FIT FITNESS I-Fit Fitness
Baie dankie aan I-FIT Fitness vir julle waardevolle ondersteuning en belegging in Laerskool Wierdapark.

ONS OPREGTE DANK AAN AL ONS BORGE:
Bennett Read
Chery Centurion
Clover
Crazybean Coffee Co.
Discovery
Hilti
IBI
Jondo
Kaktus Golf
Lepas Centurion
Lieveland Vineyards
Lithotech
Living Stones
MJL Communications
Midea
Monavoni Nursery
Safari Outdoor
Spur Steak Ranches
SuperSpar Saxby

22/10/2026

SUPER 12 – ATLETIEK | STERKTE, WIERIES!

Aan al ons Wierie-atlete wat Saterdag aan die Super 12-atletiekbyeenkoms deelneem, wens ons baie sterkte toe!

Mag julle met moed, deursettingsvermoë en geloof deelneem. Onthou, dit gaan nie net oor medaljes en plekke nie, maar ook oor spanwerk, sportmanskap en die trots om nooit op te gee nie.

Glo in julleself, gee julle beste en geniet elke oomblik op die baan en veld. Julle het hard gewerk om hier te wees, en ons is reeds ongelooflik trots op elkeen van julle!

📖 “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” – Filippense 4:13

📖 “Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” – Josua 1:9

Mag die Here julle krag gee, julle beskerm en julle herinner dat julle nooit alleen is nie.

Gaan wys julle Wierie-gees! Ons staan bankvas agter julle!

22/10/2026

𝗚𝗛𝗢𝗟𝗙𝗗𝗔𝗚 𝟮𝟬𝟮𝟲 | 𝗛𝗢𝗢𝗙𝗕𝗢𝗥𝗚: 𝗜-𝗙𝗜𝗧 𝗙𝗜𝗧𝗡𝗘𝗦𝗦

Ons is ongelooflik trots om I-FIT FITNESS as die Hoofborg van Laerskool Wierdapark se Gholfdag 2026 bekend te stel!

I-FIT, 𝙜𝙚𝙡𝙚ë 𝙞𝙣 𝙃𝙚𝙣𝙣𝙤𝙥𝙨𝙥𝙖𝙧𝙠, Centurion, is ’n dinamiese fiksheidsentrum waar persoonlike afrigting en groepklasse vir alle fiksheidsvlakke aangebied word.

𝗪𝗮𝗻𝗻𝗲𝗲𝗿 𝗷𝘆 𝗯𝘆 𝗜-𝗙𝗜𝗧 𝗯𝗲𝗴𝗶𝗻, ontvang jy ’n liggaamsamestelling- en fiksheidsassessering om jou huidige vlak te bepaal en jou doelwitte beter te verstaan. Daar is ook persoonlike eetplanne beskikbaar om jou te ondersteun op jou pad na ’n gesonder leefstyl.

Die 𝗵𝗲𝗹𝗲 𝗴𝗲𝘀𝗶𝗻 𝗶𝘀 𝘄𝗲𝗹𝗸𝗼𝗺!
Kinders is meer as welkom en kan veilig in die kinderspeelarea speel terwyl hul ouers oefen.

’n Groot 𝗗𝗔𝗡𝗞𝗜𝗘 aan I-FIT FITNESS vir julle ondersteuning en betrokkenheid by Laerskool Wierdapark se Gholfdag. Ons waardeer julle ondersteuning opreg!

📍 Geleë in Hennopspark, Centurion
Langs Chamberlains, agter Bossies Gym

📞 𝗞𝗼𝗻𝘁𝗮𝗸 𝗡𝗶𝗸𝗸𝗶 𝗼𝗺 𝘃𝗮𝗻𝗱𝗮𝗴 𝗻𝗼𝗴 𝗯𝘆 𝗜-𝗙𝗜𝗧 𝗙𝗜𝗧𝗡𝗘𝗦𝗦 𝗮𝗮𝗻 𝘁𝗲 𝘀𝗹𝘂𝗶𝘁: 𝟬𝟲𝟬 𝟴𝟴𝟯 𝟮𝟱𝟴𝟭

SKAKEL IN, WIERIE-GEMEENSKAP!Ons nooi ons hele Wierie-gemeenskap hartlik uit om Donderdag, 22 Oktober om 07:00 op Hartie...
21/10/2026

SKAKEL IN, WIERIE-GEMEENSKAP!

Ons nooi ons hele Wierie-gemeenskap hartlik uit om Donderdag, 22 Oktober om 07:00 op Harties FM in te skakel!

Ons skoolhoof, mnr. Waldo Prinsloo, kuier saam met Wimpie Botha op Die AndersBrêkfis en deel meer oor ons opwindende Monday Night Lights 7's-rugbytoernooi wat op 26 Oktober plaasvind!

Met 12 skole, 27 spanne en hope rugbyaksie onder die ligte beloof dit om ’n hoogtepunt op ons sportkalender te wees!

WIERIES, SKAKEL IN EN LUISTER SAAM!

📻 Harties FM | Donderdag, 22 Oktober | 07:00

BESTELLINGS OPEN VANDAG! Bestel vandag jou eie Wierie-sak by die WierieWinkel!
21/10/2026

BESTELLINGS OPEN VANDAG!

Bestel vandag jou eie Wierie-sak by die WierieWinkel!

NASIONALE RAPPORTRYERS Ons Groen Kampioene het die naweek hul staal gewys by die Nasionale Rapportryerskompetisie! Baie ...
21/10/2026

NASIONALE RAPPORTRYERS

Ons Groen Kampioene het die naweek hul staal gewys by die Nasionale Rapportryerskompetisie!

Baie geluk aan Levhan van Tonder, Lisa Kusel, Lisa Grobler en Zoe Eksteen wat saam met hul span ’n fantastiese 5de plek uit 126 skole landwyd behaal het! Wat ’n ongelooflike prestasie!

🌟 Spesiale gelukwense aan ons twee leerders wat individuele toekennings ontvang het:
🏅 Lisa Grobler – Nederigste en hulpvaardigste leerder.
🏅 Levhan van Tonder – Deursettingsvermoë en ondersteuning aan die groep.

Julle harde werk, spanwerk en deursettingsvermoë maak ons ongelooflik trots!

BAASDAG | LAERSKOOL WIERDAPARKGroot leiers verdien dit om bederf te word!  Vandag vier ons ons BLINKOOG bestuurspan en s...
20/10/2026

BAASDAG | LAERSKOOL WIERDAPARK

Groot leiers verdien dit om bederf te word! Vandag vier ons ons BLINKOOG bestuurspan en sê ons dankie vir julle leiding, toewyding en die passie waarmee julle elke dag voorloop. Dankie dat julle rigting gee, inspireer en saam met ons help bou aan ’n skool waar elke Wierie kan groei en floreer. Julle leierskap maak ’n verskil!

Vandag is dit julle beurt om bederf te word!

GRAAD 6-LEIERS: ONS WIERIES STAAN GEREED OM TE DIEN!Met groot trots stel Laerskool Wierdapark ons graad 6-leiers vir 202...
19/10/2026

GRAAD 6-LEIERS: ONS WIERIES STAAN GEREED OM TE DIEN!

Met groot trots stel Laerskool Wierdapark ons graad 6-leiers vir 2027 bekend! Hierdie Wieries kry die geleentheid om met verantwoordelikheid, omgee en gees ’n verskil in ons skool te maak.

Baie geluk aan elke leerder met julle aanstelling in die volgende afdelings:

KLANK

Amoné Kitching, Carien Bierman, Emma de K**k, Erard Luus, Helané Behrendt, Lienka Janse van Rensburg, Lienka Louw, Lienke Schoeman, Olivia Ferreira, Philip de Bruyn.

KLERE

Cara Olivier, Francisca Viljoen, Juan vd Mescht, Kaylem Cromhout, LC Bell, Mia van der Walt, Thineke Kotzé, Tylan Stuart.

MEDIA

Aldo Nortje, Annebelle Austin, Anya du Plessis, Cameron Kok, Duart Viljoen, Hennie du Plessis, Kaone Marengwa, Kganya Malatji, Lana Small, Levhan van Tonder, Luan Esterhuizen, MC du Plessis, Nathan Becker, Ryan Cilliers, Sanli van Zyl, Sias Smit.

OMGEE

Abigail Grundling, Abigail Hill, Ané de Bruyn, Celliers Nel, Danike Rossouw, Emmelize Engelbrecht, Evan Francis, Francois Booysen, Hannah Niebuhr, Jacques Steyn, Kaiden van Ryneveld, Kenzi Vosloo, Lia Smal, Liam Horstmann, Logan Maynier, Luke Muller, Lyla Oosthuizen, Marno Verloop, Marnu Nel, Matilda Nel, Naudé Coetzee, Reinhart Luttig, Reuben Prinsloo, Ruan Saayman, Sarah-Kate Myburgh, Simoné de B**r, Timothy Crofts, Tyler Snell, Xander Pheiffer, Zian van Heerden.

SKOLIER

Aiden Ackermann, AJ Smit, Alexia Lewis, Alyssa Edwards, Amory van der Westhuizen, Anina Oosthuizen, Anje Sevenster, Bär Forsyth, Biané Cruger, Christiaan Vorster, Clark van Heerden, Corne van Heerden, Elmarie Luus, Emile Kotze, Erasmus Bezuidenhout, Hanro Bredenkamp, Isabella Heimann, Janke Le Roux, Jeané Giebler, Joshua Wentzel, Karli Jankowitz, Kayden Engelbrecht, Kayleigh Schmidt, Leah Bouwer, Liam Finlay, Liam Whiteman, Lihan Brits, Liliya Carstens, Lily Kaldenberg, Luke Smit, Malachi Steensma, Nienke Engelbrecht, Penelope Pienaar, Pienaar Zietsman, Reagan Deyzel, Ruwan Claassens, Schalk Bruwer, Schalk van der Berg, Stephan Roos, Sybrand van Rooyen, Tara Wittig, Xander Hattingh.

REKENAAR

Adriaan Steyn, Aiden Brits, Albert Nolte, Altus Maree, Daniël Boot, Dian van Heerden, JJ Rothman, Lianey Steyn, Olivia Nieman

VCSV-KRINGLEIERS 2027

Amoné Kitching, Sybrand van Rooyen, Tyler Snell, Hannah Niebuhr, Amory vd Westhuizen, Carien Bierman, Layla Oosthuysen, Nathan Becker, Vionette Sadick, Erard Luus, Olivia Ferreira, Cameron Kok, Ané de Bruyn, Helané Behrendt, Simoné de B**r, Nienke Engelbrecht, Leah Bouwer, AJ Smit, Stephan Roos, Ore Sefadi, Lienka Louw.

GRAAD 7: Arno Kruger, Anje van Zyl, Mieke Hatting, Mila Libowitz, Lana Loubscher, Lisa Küsel.

Wieries, ons is trots op julle!

Mag julle in 2027 nie net leiding neem nie, maar ook ’n voorbeeld stel, ander inspireer en elke geleentheid aangryp om ’n positiewe verskil te maak.

Want by Wierdas bou ons nie net leiers nie, ons bou karakter, verantwoordelikheid en ’n hart vir ander!

ONS BOU!

DIE LAERSKOOL VIR JOU KIND… Die skool waar jou kind kan floreer.Waar elke kind ingesluit, raakgesien en aangemoedig word...
19/10/2026

DIE LAERSKOOL VIR JOU KIND…

Die skool waar jou kind kan floreer.
Waar elke kind ingesluit, raakgesien en aangemoedig word om die beste weergawe van hom- of haarself te wees.

’n Laerskool waar jy die hart van ’n Groen Kampioen op die stoepe kan hoor klop…
waar elke kind ’n plek het om te groei en leer.

’n Laerskool vir jou kind.
Laerskool Wierdapark.

Address

Hv Willem Botha Rylaan En Ruimteweg
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 07:30 - 13:50
Tuesday 07:30 - 13:50
Wednesday 07:30 - 13:50
Thursday 07:30 - 13:50
Friday 07:30 - 13:50

Telephone

+27126543350

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Wierdapark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Laerskool Wierdapark:

Shortcuts

Share

Category