Laerskool Wierdapark

Laerskool Wierdapark

Share

Laerskool Wierdapark- waar ons opstaan vir ONS-self, ONS skool en ONS gemeenskap.

Photos from Laerskool Wierdapark's post 24/06/2026

KLEURVOLLE LANDLOOPDAG

Ons Wieries het vandag se kleurvolle Landloopdag behoorlik geniet! Nadat hulle hul beste op die baan gelewer het, was dit tyd vir nog pret toe hulle mekaar met helder kleure kon gooi en die dag saam vier.

Dit was wonderlik om die entoesiasme, spangees en vreugde van ons leerders te sien. Julle het die dag besonders gemaak!

Baie dankie vir julle fantastiese gees, energie en deelname, Wieries. Julle maak ons trots!

Photos from Laerskool Wierdapark's post 24/06/2026

HET JY GEWEET ONS WIERIES RY PERD?

Ons blinkoogruiters neem aan ‘n verskeidenheid kompetisies en SANESA kwalifiserende rondtes deel en presteer pragtig.

Stephany Fouché en haar perde Champion Hercules, Champion Shadow Dancer en Champion Master Vision het aan die SANESA Western Mounted Games, asook die Tshwane Qualifiers 3 en 4 deelgeneem. Sy is as Champion aangewys by die Western Mounted Games en het 1 x 1e, 2 x 2e en 2 x 3e plekke by die SANESA kwalifiserende rondtes verower.

Julianna Zaily Zaayman en haar perd Champion Amigo het aan die SANESA Western Mounted Games, Gauteng Interprovinsiale Kampioenskappe asook die Tshwane Qualifiers 3 en 4 deelgeneem. Sy is as Reserve Champion aangewys by die Western Mounted Games en die Gauteng Interprovinsiale Kampioenskappe. By die SANESA kwalifiserende rondtes het sy 1 x 1e en 2 x 4e plekke verower.

Lealané Botha en haar ponie het aan die Tshwane Qualifiers 3 en 4 deelgeneem. Sy ontvang 3 x 1e, 1 x 3e, 4 x 7e en 1 x 10e plekke by die SANESA kwalifiserende rondtes.

Kayleigh Schmidt het aan SANESA Tshwane kwalifiserende rondte 3 deelgeneem en 1 x 6e, 1 x 10e, 1 x 17e en 1 x 18e plek verower.

Lexi Fisher en haar perd Freebie het aan SANESA Tshwane kwalifiserende rondte 4 deelgeneem en ‘n eerste plek verower.

Photos from Laerskool Wierdapark's post 24/06/2026

ALGEMENE KENNIS

Ons Wieries het hul staal behoorlik gewys deur uitdagende vrae met selfvertroue, deursettingsvermoë en skerp denke aan te pak. Onder groot druk het hulle hul kennis en vaardighede uitstekend ten toon gestel!

Dit was ’n ongelooflike aangename aand vol leer, pret en gesonde kompetisie. Ons is baie trots op elke deelnemer en sien reeds uit na die volgende geleentheid.

Kennis is mag!

Baie geluk aan al ons deelnemers. Hier volg die uitslae van die kompetisieaand:

Graad 6-afdeling
1. Logan Brits
2. Daniël Hugo
3. Olerato Lekgetho

Graad 7-afdeling
1. Ewan Roos
2. Hayley Murrish
3. Marli Kritzinger

Baie geluk aan elke leerder met julle uitstekende prestasies. Julle maak ons trots!

Photos from Laerskool Wierdapark's post 23/06/2026

HOOFLEIERS

Wat is ’n fotosessie sonder ’n bietjie pret?

Ons hoofleiers het alles gegee om ’n spesifieke foto nét reg te kry. Ná 30 minute se probeerslae en met die hulp van twee "ingehuurde" spanmaats, het hulle uiteindelik die perfekte foto bemeester!

Dit is die lekker oomblikke agter die kamera wat die mooiste herinneringe skep.

21/06/2026

𝗚𝗘𝗟𝗨𝗞𝗞𝗜𝗚𝗘 𝗩𝗔𝗗𝗘𝗥𝗦𝗗𝗔𝗚

🤣 𝗢𝗻𝘀 𝗺𝗲𝗻𝗲𝗿𝗲 𝘄𝗲𝗲𝘁 𝘄𝗮𝘁 𝟯 𝗦𝗘𝗞𝗢𝗡𝗗𝗘𝗦 𝗶𝘀!

Gelukkige Vadersdag aan elke pa en oupa. Ons hoop julle word vandag sommer lekker bederf!

Baie dankie vir alles wat julle vir ons Wieries doen. Julle liefde, ondersteuning en opofferings word opreg waardeer.

Geniet julle spesiale dag!

20/06/2026

𝗪𝗜𝗘𝗥𝗜𝗘𝗗𝗔𝗡𝗦 𝟮𝟬𝟮𝟲

Wat ’n onvergeetlike aand van saamwees, lag en herinneringe maak! Die Wieriedans het weer bewys dat die ware krag van ons gemeenskap lê in mense wat tyd maak vir mekaar.

Ten spyte van die winterkoue het gesinne, vriende en Wieries die dansbaan gevul met energie, vreugde en ’n besonderse gees van kuier!

Saam SKEP ons herinneringe. Saam BOU ons gemeenskap. Saam is ONS Wieries.

Photos from Laerskool Wierdapark's post 20/06/2026

𝗪𝗜𝗘𝗥𝗜𝗘𝗗𝗔𝗡𝗦 𝟮𝟬𝟮𝟲

Die hartklop agter die Wieriedans was eenvoudig: 𝗢𝗠 𝗔𝗟𝗠𝗔𝗟 𝗦𝗔𝗔𝗠 𝗧𝗘 𝗕𝗥𝗜𝗡𝗚! Om vir een aand die besige lewe te verruil vir lag, gesels, dans en kosbare herinneringe.

Baie dankie aan elke gesin wat hierdie spesiale geleentheid ondersteun het. Julle het die koue aand gevul met warmte, vreugde en gemeenskap. Die temperatuur was ysig, maar die dansvloer, die kuier en die Wierie-gees het elkeen se harte warm gehou.

Wieries, julle weet hoe om 'n koue wintersaand in iets besonders te verander!

19/06/2026

MOENIE BY DIE HUIS SIT NIE!

Die BLOU BULLE-finaal word by die Wieriedans uitgesaai!

Hekke open om 17:00. Wys asseblief jou D6-bewys van betaling by die hek.

Alle kinders moet onder toesig van 'n ouer wees.

Daar sal springkastele vir die kinders en 'n lekker snoepie wees!

🔥 Verwarmers gaan die winterkoue verdryf.
🥩 Braaiers is gereed vir jou vleis.
🧺 Moenie jou piekniekmandjie en kampstoel vergeet nie!

BONUS!

Die klas wat die meeste kaartjies koop, wen vir elke leerder 'n Total Ninja-toegangskaartjie!

Wie gaan die wenklas wees?

Koop nou jou kaartjies op D6!

Want your business to be the top-listed Government Service in Centurion?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address


Hv Willem Botha Rylaan En Ruimteweg
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 07:30 - 13:50
Tuesday 07:30 - 13:50
Wednesday 07:30 - 13:50
Thursday 07:30 - 13:50
Friday 07:30 - 13:50