HoΓ«rskool Garsfontein

Call Directions Website Contact the organization

HoΓ«rskool Garsfontein HoΓ«rskool Garsfontein - Pretoria East, South Africa

GARSIE-KRIEKETGarsfontein O/14A behaal ’n oortuigende oorwinning teen Cornwall Hill College O/14A met 159 lopies en ’n b...
23/10/2026

GARSIE-KRIEKET

Garsfontein O/14A behaal ’n oortuigende oorwinning teen Cornwall Hill College O/14A met 159 lopies en ’n bonuspunt!

Garsies: 237/7 (45 beurte)
Cornwall: 79/10 (18 beurte)

23/10/2026
23/10/2026

Ons koor was bevoorreg om deel te wees van die opname van β€œPa vir Kersfees”, gesing deur Ruhan du Toit.

’n Lied oor heldedade, opoffering en die mense wat agterbly. ’n Huldeblyk wat herinner aan die ware betekenis van moed, liefde en verlies.

🎬 Gaan kyk nou na die musiekvideo en beleef hierdie besonderse lied self.

Die jaarlikse Koordinee by Loft at Nine was ’n spoggeleentheid en ’n besondere hoogtepunt op die koorkalender.✨Tydens di...
22/10/2026

Die jaarlikse Koordinee by Loft at Nine was ’n spoggeleentheid en ’n besondere hoogtepunt op die koorkalender.✨

Tydens die aand is daar afskeid geneem van die uittredende Koorraad, terwyl die nuwe Koorraad vir 2027 amptelik bekendgestel is.

Baie geluk aan Lyla Jordaan (Hoofdogter) en Baraka Zando (Hoofseun). Mag die jaar wat voorlΓͺ gevul wees met mooi musiek, groei en besondere hoogtepunte!

Wat 'n ongelooflike aand!

GARSIE-SWEM SKITTER BY DIE MENLO-UITNODIGINGSGALA! πŸŠβ€β™‚οΈGarsie-swem het besonder goed presteer tydens die Menlo-uitnodigi...
22/10/2026

GARSIE-SWEM SKITTER BY DIE MENLO-UITNODIGINGSGALA! πŸŠβ€β™‚οΈ

Garsie-swem het besonder goed presteer tydens die Menlo-uitnodigingsgala en verskeie medaljes ingepalm. Baie geluk aan ons swemmers met hul uitstekende prestasies!

πŸ₯‡ GOUD
β€’ Mikaela Lots: 50 m vryslag en 50 m vlinderslag (O/14-meisies)
β€’ Zadok Meyer: 50 m vryslag (O/15-seuns)
β€’ Frans Coetzee: 50 m vlinderslag (O/15-seuns)
β€’ Zadok Meyer, Benje Kruger, Diaan Roos en Lenco Steyn: 4 Γ— 50 m vryslagaflos (O/15-seuns)

πŸ₯ˆ SILWER
β€’ Zadok Meyer: 50 m vlinderslag (O/15-seuns)
β€’ Zadok Meyer, Benje Kruger, Diaan Roos en Lenco Steyn: 4 Γ— 50 m wisselslagaflos (O/15-seuns)

πŸ₯‰ BRONS
β€’ Frans Coetzee: 100 m vryslag (O/16-seuns)
β€’ Benje Kruger: 50 m vlinderslag (O/15-seuns)
β€’ Michaela Lots, Tischke Rischmuller, Aimee McClaughlin en Lia Basson: 4 Γ— 50 m vryslagaflos (O/14-meisies)
β€’ Frans Coetzee, MornΓ© Beukes, Stephan Prinsloo en Franco Mayhew: 4 Γ— 50 m vryslagaflos (O/16-seuns)

Baie geluk aan elke swemmer met hierdie puik prestasies. Julle maak ons trots!

πŸ“’GRAAD 8 2027 OUERINLIGTINGSAAND Datum: 18 November 2026Tyd: 18:00 vir 18:30Plek: NG ValleisigOns sien uit om U by die G...
21/10/2026

πŸ“’GRAAD 8 2027 OUERINLIGTINGSAAND

Datum: 18 November 2026
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: NG Valleisig

Ons sien uit om U by die Garsie-familie te verwelkom.🩡

WILDEKLAWER NWU TOP 30 | πŸ†Ons atlete het tydens die Wildeklawer NWU Top 30-byeenkoms uitstekende prestasies behaal en ge...
21/10/2026

WILDEKLAWER NWU TOP 30 | πŸ†

Ons atlete het tydens die Wildeklawer NWU Top 30-byeenkoms uitstekende prestasies behaal en gewys hoeveel harde werk, toewyding en groei daar agter elke prestasie lΓͺ.

Die vordering vanaf 2025 na 2026 is besonders! In 2025 het ons dogters en seuns albei 25ste geΓ«indig, terwyl die span algeheel 21ste geΓ«indig het. Vanjaar het Garsies in al drie kategorieΓ« tot die 9de plek opgeskuif! Dit is ’n merkwaardige verbetering en ’n bewys van die groei en ontwikkeling van ons atletiekprogram.

𝐎𝐧𝐬 𝐦𝐞𝐝𝐚π₯𝐣𝐞 𝐰𝐞𝐧𝐧𝐞𝐫𝐬 𝐯𝐚𝐧 πŸπŸŽπŸπŸ”:

πŸ₯‡ GOUD
β€’ Lohan de Lange – Spiesgooi (rekord)
β€’ Annebelle vd Mecht – Spiesgooi
β€’ AllenΓ© Theunissen – Spiesgooi
β€’ Niela Gerson – Spiesgooi
β€’ Fortune Cletus-Okolo – Diskus
β€’ Megan Maree – 100 m-hekkies (o.19)
β€’ Lisa du Plessis – Hoogspring
β€’ Seuns o.17 – 4 Γ— 400 m-aflos

πŸ₯ˆ SILWER
β€’ Megan Maree – 100 m (o.19)
β€’ GenΓ© de B**r – Verspring

πŸ₯‰ BRONS
β€’ Heinrich Weiss – Spiesgooi
β€’ Fortune Cletus-Okolo – Gewigstoot
β€’ AllenΓ© Theunissen – Verspring
β€’ Ajanda Nel – Verspring

𝑀𝑒𝑑 ’𝑛 π‘‘π‘œπ‘‘π‘Žπ‘Žπ‘™ π‘£π‘Žπ‘› 14 π‘šπ‘’π‘‘π‘Žπ‘™π‘—π‘’π‘ : 8 π‘”π‘œπ‘’π‘‘, 2 π‘ π‘–π‘™π‘€π‘’π‘Ÿ 𝑒𝑛 4 π‘π‘Ÿπ‘œπ‘›π‘ , 𝑖𝑛𝑠𝑙𝑒𝑖𝑑𝑒𝑛𝑑 ’𝑛 π‘Ÿπ‘’π‘˜π‘œπ‘Ÿπ‘‘ 𝑖𝑛 π‘ π‘π‘–π‘’π‘ π‘”π‘œπ‘œπ‘– π‘‘π‘’π‘’π‘Ÿ πΏπ‘œβ„Žπ‘Žπ‘› 𝑑𝑒 πΏπ‘Žπ‘›π‘”π‘’, β„Žπ‘’π‘‘ π‘œπ‘›π‘  π‘Žπ‘‘π‘™π‘’π‘‘π‘’ π‘π‘Žπ‘–π‘’ π‘œπ‘š π‘œπ‘ π‘‘π‘Ÿπ‘œπ‘‘π‘  𝑑𝑒 𝑀𝑒𝑒𝑠!

Baie geluk aan elke atleet en afrigter met hierdie besondere prestasies.
Die groei wat ons hierdie jaar sien, maak ons opgewonde oor wat die 2027-atletiekseisoen gaan inhou!

πŸ“Έβ€™n Spesiale dankie aan fotograaf, Gerrit van der Linde.

GARSIE-KRIEKET |Die Garsfontein 1A-Ysbere behaal ’n puik oorwinning teen Menlopark 1A en wen met 73 lopies, asook ’n bon...
19/10/2026

GARSIE-KRIEKET |

Die Garsfontein 1A-Ysbere behaal ’n puik oorwinning teen Menlopark 1A en wen met 73 lopies, asook ’n bonuspunt!

Garsies - 303 vir 8 in 50.
Menlo - 230 vir 10 in 41.

Baie geluk aan ons Ysbere!

GARSIE-KRIEKET | Die Garsfontein 1B-Ysbere behaal ’n puik oorwinning teen Midstream 1B en wen met 8 paaltjies, asook ’n ...
19/10/2026

GARSIE-KRIEKET |

Die Garsfontein 1B-Ysbere behaal ’n puik oorwinning teen Midstream 1B en wen met 8 paaltjies, asook ’n bonuspunt!

Midstream 1B: 89/10
Garsfontein 1B: 90/2

Baie geluk aan ons Ysbere!

GARSIE-SAGTEBAL | LIGAPRESTASIESBaie geluk aan ons sagtebalspanne met hul puik prestasies in die liga!Ons O/16-dogters h...
19/10/2026

GARSIE-SAGTEBAL | LIGAPRESTASIES

Baie geluk aan ons sagtebalspanne met hul puik prestasies in die liga!

Ons O/16-dogters het Saterdag algeheel tweede in hul liga geΓ«indig, terwyl ons O/15-dogters ’n algehele vierde plek behaal het.

Ons is trots op al ons spelers se harde werk, toewyding en spanwerk. Baie geluk aan albei spanne!

Address

Rolina Str
Garsfontein

Opening Hours

Monday 07:00 - 02:00
Tuesday 07:00 - 02:00
Wednesday 07:00 - 02:00
Thursday 07:00 - 02:00
Friday 07:00 - 02:00

Telephone

+27129986096

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when HoΓ«rskool Garsfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to HoΓ«rskool Garsfontein:

Shortcuts

Share

Category