Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad

Call Directions Website Contact the organization

Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad PJ Olivier is die enigste Afrikaansmedium skool in Makhanda (Grahamstad).

Dit is 'n akademiese skool wat Graad 0 tot 12 leerders in klein klasgroepe akkommodeer.

Pretdraf 2026
24/10/2026

Pretdraf 2026

24/10/2026
Ons Grondslagfase het vandag behoorlik kleur gegee aan die dag met ons vrolike Reënboogpiekniek! Elke graad het sy eie k...
24/10/2026

Ons Grondslagfase het vandag behoorlik kleur gegee aan die dag met ons vrolike Reënboogpiekniek! Elke graad het sy eie kleur met trots gedra: Graad R was blou 💙, Graad 1 rooi ❤️, Graad 2 pienk 🩷en Graad 3 groen 💚.

Met kleurvolle uitrustings, heerlike versnapperinge en maatjies om die pret mee te deel, was daar sommer hope vrolikheid en groot glimlagte!

22/10/2026
Kom ondersteun, asseblief.
21/10/2026

Kom ondersteun, asseblief.

16/10/2026

Mnr. Retief

Op hierdie Basedag wil ons as personeel en leerders ons opregte waardering uitspreek vir u leiding en toewyding. U dien nie net as ’n skoolhoof nie, maar ook as ’n mentor en rolmodel wat ons daagliks inspireer.

Dankie dat u met integriteit en visie die pad vorentoe wys, en dat u altyd die beste belang van ons skoolgemeenskap op die hart dra. Ons waardeer u harde werk, u geduld, en die manier waarop u elkeen van ons aanmoedig om ons volle potensiaal te bereik.

Mag hierdie dag vir u ’n herinnering wees dat u werk ’n verskil maak en dat u inspanning en opoffering nie ongesiens verbygaan nie.

Met waardering en respek.

Ons nuut verkose Voorsitter en Onder-Voorsitter van die BK het vanoggend erekleure ontvang vir leierskap.  Baie geluk aa...
16/10/2026

Ons nuut verkose Voorsitter en Onder-Voorsitter van die BK het vanoggend erekleure ontvang vir leierskap. Baie geluk aan hierdie twee leerlinge. Baie sterkte in hierdie belangrike nuwe amp.

Address

Bo-Robinsonstraat
Grahamstown
6139

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad:

Shortcuts

Share