14/10/2026
soooo... dit het gebeur....
jou vrou is weg, jou man is dood, jou geld is op, jou been is af, syt jou verneuk, hyt jou verniel, hulle het jou besteel, vergeet, gelos.
en jys finish en klaar, op, stukkend, moertoe, gedaan.
jy sien jouself oud word, voel jou hart vasgroei, hoor jouself weghol. jy bid vir doodgaan, verdwyn, wegkwyn enigiets, solank die seer net kan ophou.
stop.
die realiteit is dit MAAK NIE SAAK of dit onregverdig is nie, al is dit
AL wat saakmaak is dis REAL,
en JYS NOG HIER
punt
en as jy nog hier is het jy nog werk om te doen, 'n verskil om te maak, 'n les om te leer, 'n voorbeeld om te wees.
want as jou werk klaar was sou die fluitjie geblaas en die trompetgeskal jou kom haal het. maar dit het nie.
so tot daardie dag is jy in die wedloop, VIR 'N REDE, nie vir opgee nie. en jy gaan hol. op jou beste.
so vee af jou trane, tel op jou kop, gaan haal daai asem, wapper jou vlag, en begin weer. vir die twintigste keer, dertigste keer, honderdste keer. maak nie saak nie.
net vir vandag
en more vir more
en oormôre vir oormôre
warrior
kind van die Lig
jy is nie alleen nie
ons cheer jou aan
staan op!
Krediet © Hekelwoorde