Florrieland

Directions Website

Florrieland Laerskool Florida pre-primêr. Kom leer deur speel! Gr.RR en R.

Wilde pret by Florrieland! Ons Florrieland-maatjies leer hierdie week alles oor wilde diere! Vandag het ons met groot en...
23/10/2026

Wilde pret by Florrieland!

Ons Florrieland-maatjies leer hierdie week alles oor wilde diere! Vandag het ons met groot entoesiasme ons eie beerpootjies gemaak en natuurlik heerlik daaraan gesmul.

Klein handjies, groot kreatiwiteit en hope pret!

Dinosouruspret by Florrieland! Hierdie week het ons Florrieland-maatjies alles oor dinosourusse geleer. Vandag het ons t...
16/10/2026

Dinosouruspret by Florrieland!

Hierdie week het ons Florrieland-maatjies alles oor dinosourusse geleer.

Vandag het ons tema sommer nog lekkerder geword tydens Bak en Brou, waar elke maatjie sy eie dinosourusnessie gemaak het. Die grootste bederf was natuurlik om hul skeppings daarna heerlik op te smul!

Leer, skep en geniet! So maak ons elke dag ’n avontuur by Florrieland!

'n Interessante oggend van leer met voëltjies wat tjirp in die agtergrond by Florrieland!Vandag het Florrieland se maatj...
09/10/2026

'n Interessante oggend van leer met voëltjies wat tjirp in die agtergrond by Florrieland!

Vandag het Florrieland se maatjies 'n baie waardevolle instappie ervaar wat by hul tema van die week pas.

Vir ’n hele uur het ons maatjies doodstil gesit en elke oomblik ingeneem. Van verwonderde, verbaasde gesiggies tot spontane skaterlag. Dit was ’n belewenis vol opwinding, nuuskierigheid en pure kinderlike vreugde!

Dit was wonderlik om te sien hoe die maatjies met soveel belangstelling en entoesiasme deelgeneem het. Hulle het elke oomblik terdeë geniet!
waar hulle kan ontdek, ervaar en leer, want die mooiste leerervarings is dié wat met verwondering en ’n glimlag gepaardgaan!

DIS HEERLIKE LENTE EN DIE VOËLTJIES TJIRP BY FLORRIELAND!Lente bring nuwe lewe, kleur en vreugde! Hierdie week verken on...
09/10/2026

DIS HEERLIKE LENTE EN DIE VOËLTJIES TJIRP BY FLORRIELAND!

Lente bring nuwe lewe, kleur en vreugde!

Hierdie week verken ons by Florrieland die wonderlike temas Voëls en Lente. Vandag het ons maatjies hul kreatiwiteit ingespan en elkeen ’n pragtige blommetjie gebak en brou wat by albei temas aansluit.

Deur spelenderwys te leer en kreatief besig te wees, ontwikkel ons maatjies hul fyn motoriese vaardighede, verbeelding en waardering vir die wonderlike natuur om ons.

Elke blommetjie is uniek, net soos elkeen van ons kosbare maatjies!

Florrieland KunsuitstallingElke kunswerk is met kreatiwiteit, entoesiasme en baie trots gemaak. Die kunswerke is beskikb...
07/10/2026

Florrieland Kunsuitstalling

Elke kunswerk is met kreatiwiteit, entoesiasme en baie trots gemaak.

Die kunswerke is beskikbaar teen R20 elk, met ’n totale waarde van R100 vir die volledige stel van vyf kunswerke, gemaak deur elke leerder.

Ons nooi u graag uit om u kind se kunswerke vir R100 as ’n volledige stel te koop en só ’n klein stukkie van hul kreatiewe reis huis toe te neem as 'n herinnering van 'n jaar vol pret.

Dankie dat u ons jong kunstenaars se talent en harde werk ondersteun.

IS JOU KLEINTJIE GEREED VIR ’N GROOT AVONTUUR? 2027 se Graad RR en R-reis begin hier by Florrieland! Die eerste skooljaa...
25/09/2026

IS JOU KLEINTJIE GEREED VIR ’N GROOT AVONTUUR?

2027 se Graad RR en R-reis begin hier by Florrieland!
Die eerste skooljaar is soveel meer as net letters en syfers…

Dit is waar klein hartjies leer om dapper te wees, vriende te maak, selfvertroue te bou en elke dag met ’n glimlag te leer.

By Florrieland glo ons dat elke kind uniek is en dat hulle ’n plek verdien waar hulle geliefd, veilig, gesien en aangemoedig voel.

Ons Graad RR en R-klasse vir 2027 begin nou vinnig vol raak!

Daar is nog ’n beperkte aantal plekkies beskikbaar.
Moenie wag totdat jou kleinding se plekkie weg is nie!

📩 Kontak ons vandag nog vir meer inligting of om jou kind se plekkie te verseker.

Stuur gerus ’n e-pos na [email protected]
of WhatsApp ons by 066 217 1179 vir meer inligting.

Kom groei, leer, speel en blom saam met ons!
FLORRIELAND
Waar klein drome groot begin word.

2027 | GRAAD RR en R
✨ Jou kind se avontuur begin hier! ✨

🧁BAK & BROU🧑‍🍳
21/09/2026

🧁BAK & BROU🧑‍🍳


🧁BAK & BROU🧑‍🍳🥕🥦🥬🍆🫜🍅🥔🫑
04/09/2026

🧁BAK & BROU🧑‍🍳

🥕🥦🥬🍆🫜🍅🥔🫑


Address

48 9th Avenue, Florida, Roodepoort
Johannesburg
1710

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:30
Tuesday 07:00 - 14:30
Wednesday 07:00 - 14:30
Thursday 07:00 - 14:30
Friday 07:00 - 14:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Florrieland posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category

Nearby government services