Hoërskool Diamantveld

Call Directions Website Contact the organization

Hoërskool Diamantveld Amptelike blad van Hoërskool Diamantveld Die nuwe hoërskool het geopen met 51 leerlinge in st. 7 en st. 8 en vier personeellede.

Op 28 Januarie 1935 kom daar in Kimberley 'n skool tot stand om vir Afrikaanssprekende leerders 'n tuiste te bied waar hul onbeskaamd hul kultuur kan uitleef en akademiese onderrig, geskoei aan 'n Christelike karakter en etos, in hul moedertaal kan ontvang. Gedurende die eerste jaar van sy bestaan was die skool bekend as die Afrikaansmedium Hoërskool van Kimberley. Die volgende jaar is die naam verander na Diamantveld-Hoërskool, 'n streeknaam, en nie die verheerliking van een of ander persoon nie. Die skool het vir baie jare as Diamantveld-Hoërskool (DHS) bekend gestaan, maar die naam is later na die taalkundig korrekte skryfvorm, Hoërskool Diamantveld, verander. Die Afrikaansmedium Hoërskool het op die boonste verdieping van die ou koshuis van die oorspronklike Kimberleyse Onderwysers Opleidingskollege (Kimberley Teachers' Training College) begin en is geleidelik vergroot. Teen 1970 groei die leerdertal tot nagenoeg 600 leerlinge en in 2010, 75 jaar na die stigting, spog Diamantveld met 720 leerders en 34 onderwysers. Van 'n eenvoudige begin het Hoërskool Diamantveld in een van die belangrikste Hoërskole in die ou Kaapprovinsie en huidige Noord-Kaap ontwikkel wat op elke gebied, hetsy sport, akademies of kultureel, 'n belangrike bydrae lewer. Die talle oud-skoliere wat betekenisvolle bydraes in samelewings regoor die wêreld lewer, is lewende getuies van die skool se leuse: A POSSE AD ESSE. Van 'n Moontlikheid tot 'n Werklikheid. Sedert die ontstaan van die skool word alle leerlinge wat hul tuis voel in die kultuur en taal, hier by Diamantveld verwelkom - sonder aansiens des persoons. Ons voeder-areas lewer nog altyd leerlinge oor die hele sosiale spektrum - almal is ewe welkom. Só leer ons leerlinge ook om mense wat van hul verskil te respekteer vir die mense wat hul is. Die volgende waardes is by Diamantveld ononderhandelbaar:

* Dissipline
* Gehalte akademiese onderrig
* Gesonde klem op sportdeelname
* Liefde vir eie kultuur
* Diamantveld - een groot huisgesin

Social Media
Instagram: https://www.instagram.com/hoerskooldiamantveld/

🏠JP AURET KOSHUISRAAD 2027Baie geluk aan die leerders wat verkies is tot die JP Auret-koshuisraad vir 2027!Ons wens jull...
15/10/2026

🏠JP AURET KOSHUISRAAD 2027

Baie geluk aan die leerders wat verkies is tot die JP Auret-koshuisraad vir 2027!

Ons wens julle alle sterkte toe met hierdie besondere verantwoordelikheid en vertrou dat julle met trots, toewyding en goeie leierskap die koshuis sal dien.

📸 Voor:Meyer Prinsloo, Milan Fouché (Onderhoofdogter), WG Mulke (Hoofseun), Micke Muller (Hoofdogter), Dries Viviers (Onderhoofseun), Dianca Herbst.

📸 Agter: Mieke le Grange, Junemi Terblanche, Fourie Smit, LJ Buys, Adriaan Burger, Minet Cilliers.

Mag 2027 'n jaar van groei, samewerking en mooi herinneringe wees!

🏠 KOSHUISRAAD 2027 | DUGMORE HUISBaie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot Dugmore Huis se Koshuisraad vir...
15/10/2026

🏠 KOSHUISRAAD 2027 | DUGMORE HUIS

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot Dugmore Huis se Koshuisraad vir 2027:

🔹 Pieter Francois Smit
🔹 Zillhan Basson
🔹 Jac Cilliers
🔹 Ungerer Burger

Ons wens julle alle sterkte toe met hierdie besondere leierskapsrol. Mag julle met trots, verantwoordelikheid en goeie voorbeeld die inwoners van Dugmore Huis lei.

Spiritus, Sonitus, Superbia!

🏏💎 DIAMANTVELD KLOP SENTRAAL MET 6 PAALTJIES!Ons eerste-krieketspan het 'n uitstekende oorwinning teen Sentraal se o.19A...
14/10/2026

🏏💎 DIAMANTVELD KLOP SENTRAAL MET 6 PAALTJIES!

Ons eerste-krieketspan het 'n uitstekende oorwinning teen Sentraal se o.19A-span behaal!

🏏 Sentraal: 129/6 (20 boulbeurte)
🏏 Diamantveld: 130/4 (17 boulbeurte)

Uitblinkers met die kolf:
🏏 Michael Nieuwoudt – 40* (30 b***e)
🏏 Neil Steynberg – 39 (19 b***e)

Uitblinkers met die bal:
🔥 Jean Diedericks – 2/20
🔥 Juandre van Staden – 1/3
🔥 Fourie Smit – 1/15

Baie geluk aan ons eerstespan met 'n puik vertoning en welverdiende oorwinning!


🏆 5DE IN SUID-AFRIKA! 🇿🇦Baie geluk aan Jandré Verster en Leila Visser wat 'n indrukwekkende algehele 5de plek in Suid-Af...
14/10/2026

🏆 5DE IN SUID-AFRIKA! 🇿🇦

Baie geluk aan Jandré Verster en Leila Visser wat 'n indrukwekkende algehele 5de plek in Suid-Afrika behaal het tydens die nasionale finaal van die Oppie Tong Af-debatkompetisie in die graad 10–12-afdeling!

Die finaal het in Pretoria plaasgevind, waar hulle hul uitstekend van hul taak gekwyt het.

Wat 'n besonderse prestasie op nasionale vlak! 🌟

💎 Julle maak Diamantveld trots!


🔥 NOG NET 25 DAE TOT DIAMOND GRIND 2026! 💪💎Oor slegs 25 dae word krag, uithouvermoë en deursettingsvermoë tot die uiters...
14/10/2026

🔥 NOG NET 25 DAE TOT DIAMOND GRIND 2026! 💪💎

Oor slegs 25 dae word krag, uithouvermoë en deursettingsvermoë tot die uiterste getoets!

Elke druppel sweet, elke oefensessie en elke ekstra tree bring jou nader aan die groot dag! 🏋️‍♂️🏃‍♂️

7 NOVEMBER 2026 is dit tyd om jou grense te verskuif, jouself uit te daag en te wys waarvan jy gemaak is!

🔥 25 DAE. EEN UITDAGING. GEEN VERSKONINGS!

Gebruik die volgende skakel om in te skryf:

https://entries.chiptimer.co.za/dia/

🎤 OPPIE TONG AF – NASIONALE FINAAL 2026 🏆Baie geluk aan Zimri de Wet, Danté Gaginaar en JD Möller wat die afgelope nawee...
13/10/2026

🎤 OPPIE TONG AF – NASIONALE FINAAL 2026 🏆

Baie geluk aan Zimri de Wet, Danté Gaginaar en JD Möller wat die afgelope naweek aan die nasionale finaal van Oppie Tong Af deelgeneem het!

🌟 Danté Gaginaar – 12de plek.

🌟 Zimri de Wet – 6de plek vir haar vermaaklikheidstoespraak en 11de plek vir haar oorredingstoespraak.

🌟 JD Möller – 5de plek algeheel.

Ons is ongelooflik trots op hierdie leerders se puik prestasies op nasionale vlak! Julle harde werk, selfvertroue en talent is ’n ware inspirasie.

Julle maak Diamantveld trots!


🏉 UITMUNTENDE PRESTASIE | RUGBYSKEIDSREGTERBaie geluk aan Heinrich Dauth wat aangewys is as Junior Skeidsregter van die ...
13/10/2026

🏉 UITMUNTENDE PRESTASIE | RUGBYSKEIDSREGTER

Baie geluk aan Heinrich Dauth wat aangewys is as Junior Skeidsregter van die Jaar 2026! 🏆

Heinrich het deur die jaar as skeidsregter en assistent-skeidsregter by verskeie gesogte rugbytoernooie en kompetisies opgetree.

Van sy hoogtepunte sluit in:

🏉 Skeidsregter by die Absa Wildeklawer o.14-toernooi.

🏉 Skeidsregter by die Absa Wildeklawer-uitnodigingstoernooi.

🏉 Skeidsregter van die o.19-finaal by die Absa Wildeklawer-uitnodigingstoernooi.

🏉 Skeidsregter tydens SPAR-week, insluitend die o.15-finaal.

🏉 Skeidsregter by die VKB o.19 Stedelike Toernooi in Reitz.

🏉 Skeidsregter van die o.15 VUKA-ligafinaal.

🏉 Assistent-skeidsregter tydens die Vroue-Superliga se halfeindstryd.

🏉 Assistent-skeidsregter tydens die SA Cup.

🏉 Assistent-skeidsregter tydens die Varsity Shield.

Heinrich, jou harde werk, toewyding en passie vir rugby het vrugte afgewerp. Ons is ongelooflik trots op jou prestasies en sien uit na wat die toekoms vir jou inhou!

13/10/2026
🏆 PRYSUITDELING 2026🏆Baie geluk aan al ons spesiale toekenningswenners! 💎Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewydi...
12/10/2026

🏆 PRYSUITDELING 2026🏆

Baie geluk aan al ons spesiale toekenningswenners! 💎

Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding deur die jaar is beloon. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle en sien met groot opgewondenheid uit na wat die toekoms vir julle inhou!

Mag hierdie prestasies net die begin van nog vele hoogtepunte wees! 🌟

BESIGHEIDSGELEENTHEID 2027!
12/10/2026

BESIGHEIDSGELEENTHEID 2027!

Address

Voortrekkerstraat 2
Kimberley
8301

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+27538331528

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Diamantveld posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool Diamantveld:

Shortcuts

Share