16/10/2026
Franzette 💕
Vandag wil ons as Kleine Parc-personeel net vir jou sê hoe ongelooflik dankbaar ons is om jou as ons hoof en leier te hê.
Jy is soveel meer as net ons hoof. Jy is iemand met ’n hart wat omgee, hande wat altyd bereid is om te help en ’n liefde vir mense wat nie ongesiens verbygaan nie. Jy stel ons as personeel so dikwels eerste, selfs wanneer jy self duisend dinge het om te hanteer. Jy luister, jy gee om, jy ondersteun en jy probeer altyd om seker te maak dat elkeen van ons goed is. Dit is iets besonders en ons wil hê jy moet weet dat ons dit raaksien en opreg waardeer.
Die mooi van jou lê nie net in alles wat jy vir Kleine Parc doen nie, maar veral in die mens wat jy is. Die manier waarop jy mense behandel, die liefde waarmee jy leiding gee en die klein dingetjies wat jy doen wanneer niemand noodwendig kyk nie, wys vir ons watter mooi hart jy het. Jy skep nie net ’n plek waar kinders veilig en geliefd voel nie, maar ook ’n plek waar ons as personeel voel dat ons saak maak.
Dankie dat jy ons eerste stel. Dankie dat jy ons harte sag hanteer, in ons glo en ons laat voel dat ons deel is van iets besonders. Dankie dat jy nie net ’n baas is nie, maar ’n mens met ’n hart wat werklik omgee. Ons hoop dat jy vandag, op Boss Day, net vir ’n oomblik kan stilstaan en besef watter groot verskil jy in ons lewens maak.
Ons waardeer jou meer as wat woorde ooit behoorlik sal kan sê. Ons is dankbaar vir jou, vir jou mooi hart en vir die voorreg om saam met jou deel te wees van Kleine Parc.
Die Kleine Parc-personeel🤗