23/09/2026
Enter and stand a chance to win!
E-pos of stuur jou mooi of snaakse PLAASFOTO’S na [email protected] teen 5 Oktober 2026, en jy kan dalk ’n Lumber and Lawn STIHL SG 31 5-liter spuit, ter waarde van R950, WEN!
Die gunsteling foto’s word in die volgende uitgawe van MARKtoe! gepubliseer.
Let wel: Slegs foto’s wat jy self geneem het, mag ingeskryf word. Nie alle foto’s word vir stemming gekies nie. Slegs die topfoto’s wat deur ons redaksiespan gekies word, sal oorweeg word.
Meer oor die STIHL SG 31 5-liter spuit: Die STIHL SG 31 is ’n veelsydige, liggewig en maklik draagbare spuit wat ideaal is vir gebruik in die tuin én op die plaas. Dit kan gebruik word vir die toediening van kunsmis, plaagdoders, onkruiddoders en insekdoders. Die handige ontwerp sluit ’n pomphandvatsel in wat as drahandvatsel gesluit kan word, ’n deurskynende tenk waarmee vloeistofvlakke maklik dopgehou kan word, asook ’n spuithouer vir veilige vervoer en berging. Die spuit word standaard met ’n holkeël- en waaierspuitstuk voorsien.