ACVV Noorder-Paarl

Call Directions Website

ACVV Noorder-Paarl ACVV NOORDER-PAARL is a registered designated Child Protection Organisation rendering awareness, earl

Aneen het Vrydag "Liggaam veiligheid" met 'n gretige jongspan gedoen.  Hulle het heerlik saamgewerk en is daarna bederf ...
19/10/2026

Aneen het Vrydag "Liggaam veiligheid" met 'n gretige jongspan gedoen. Hulle het heerlik saamgewerk en is daarna bederf met 'n heerlike lekkerte!

'n GROOT DANKIE van die Beheerraad en personeel aan die "Span in beheer" van die geskenke toedraai by Paarl Mall elke De...
16/09/2026

'n GROOT DANKIE van die Beheerraad en personeel aan die "Span in beheer" van die geskenke toedraai by Paarl Mall elke Desember. Ons is so dankbaar vir Lona en Mokkie Liebenberg en Liza Kellerman vir julle onbaatsugtige liefdes-diens wat julle elke Desember vir ons tak doen. Ons waardeer julle oneindig baie!

Ons is diep dankbaar en kinderlik opgewonde oor ons nuwe plaveisel by ons parkeerarea.  'n Groot dankie aan ons Beheerra...
07/09/2026

Ons is diep dankbaar en kinderlik opgewonde oor ons nuwe plaveisel by ons parkeerarea. 'n Groot dankie aan ons Beheerraad wat hierdie groot projek goedgekeur het! Ons voel skoon dat ons tak 'n "facelift" gekry het. Baie dankie ook aan Michael Kaden en sy vriendelike span werkers wat sommer die ekstra myl gestap het, deur ons bome buite ook met pragtige randstene mooi te maak en rivierklippe in te sit, asook 2 pragtige granietsteen blombakke vir ons te kry. Ons voel erg bederf!

Me. Aneen Louw het Vrydag ook aan leerders verduidelik wat "Kinderregte en verantwoordelikheid" beteken.  Daarna het Me....
06/09/2026

Me. Aneen Louw het Vrydag ook aan leerders verduidelik wat "Kinderregte en verantwoordelikheid" beteken. Daarna het Me. Louw hulle erg bederf deur Tannie Lista La Grange se "Blessing mussies" aan hulle uit te deel. Die leerders was diep opgewonde oor hierdie groot geskenk en kon nie wag om dit op te sit nie.
'n GROOT DANKIE aan Lista la Grange wat ons geseën het met hierdie mussies! Dit bring regtig 'n vonkel in die oog van 'n kind en 'n glimlag dieper as wat ons ooit besef!

Vrydag het Me. Aneen Louw, saam met Sersant Green en haar kollega 'n program aangebied oor "Substance abuse".  Die leerl...
06/09/2026

Vrydag het Me. Aneen Louw, saam met Sersant Green en haar kollega 'n program aangebied oor "Substance abuse". Die leerlinge het mooi saamgewerk en geluister en daarna is elkeen bederf met 'n lekkernytjie.

02/09/2026
Mev. Du Plessis het op 25 Augustus 'n Oudervaardighede opleidingsprogram aangebied wat ouer/kind verhoudings versterk.
27/08/2026

Mev. Du Plessis het op 25 Augustus 'n Oudervaardighede opleidingsprogram aangebied wat ouer/kind verhoudings versterk.

Mev. Du Plessis het op 20 Augustus 'n bewusmakingsprogram oor Kuber boelie gedrag aangebied vir hoërskool leerders.
27/08/2026

Mev. Du Plessis het op 20 Augustus 'n bewusmakingsprogram oor Kuber boelie gedrag aangebied vir hoërskool leerders.

As deel van die New Orleans, Graad 9 leerders se Lewensvaardigheidsprogram, kon leerders vrywillig deelneem aan 'n aktiw...
27/08/2026

As deel van die New Orleans, Graad 9 leerders se Lewensvaardigheidsprogram, kon leerders vrywillig deelneem aan 'n aktiwiteit by 'n organisasie. Dié span het ACVV Noorder-Paarl gekies vir 'n vrywillige deelname om te help Ubuntu bottels pak. Mev. Praylene du Plessis het aan die leerders vertel hoekom die bottels gepak en uitgedeel word en die leerders het dit baie geniet en as een span saamgewerk.

Die 3 ACVV takke van die Paarl het 'n pragtige Pleegouer oggend agter die rug.  Met die saal by ACVV Paarl Vallei wat pr...
23/08/2026

Die 3 ACVV takke van die Paarl het 'n pragtige Pleegouer oggend agter die rug. Met die saal by ACVV Paarl Vallei wat pragtige opgemaak was, was dit sommer 'n spog geleentheid en die pleegouers het dit baie geniet en is lekker bederf. 'n Groot dankie aan al die maatskaplike werkers van die 3 ACVV takke wat saamgestaan het om van hierdie dag so 'n mooi herinnering te maak vir almal!

Address

Gimnasiumstraat 5
Paarl
7646

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30

Telephone

021 872 3487

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ACVV Noorder-Paarl posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Nearby government services