22/05/2025
Dis winter en dis bitterkoud. Op 21Junie gaan ons saam n organisasie n uitreik doen by n shelter in Bonaccord. Daar is tans 177 name op die lys (van babas regdeur tot by senior volwassennes). Ons kort wintersklere, skoenne, komberse, skoolbenodighede, enige babaprodukte, huisraad (van die mense slaap op die grond). Dan kort ons ook droë lensies, knorr sop pakkies ens om vir hulle sop pakkies op te kan maak vir die winter. Enige nie bederfbare kos, toiletries ens is ook welkom. Enige Bybels (Afrikaans/Engels) sal ook waardeer word. Ons sal kom oplaai in die Pta area en fotos sal op die instansie se facebook blad geplaas word na die uitreik. Kom ons wees Jesus vir die mense en wys hulle dat hulle steeds geliefd is ten spytte van hulle omstandighede. Welkom om my n whatsapp te stuur vir meer info 0799132388
29/03/2025
NB Neem kennis dat van vandag af gaan KH Transport Services GEEN cash send betalings of EFT betalings meer aanvaar nie. STRENG KONTANT. Ons is vandag gescam deur iemand wat vullis wou verwyder en gevra het kan hulle n cash send stuur. Bank het bevestig die voucher is al 2 dae terug redeem
19/10/2024
Bewysse ons betaal om te dump, even vir bourommel soos in die foto. Die slippie is vir die foto saam hom geplaas. Dis hoekom ons nie onder R800 per vrag bourommel kam begin nie.
25/09/2024
Bourommel vragte, hierdie is n maksimum gelaaide vrag het 1.2 ton ingeweeg. Ons laai nie ons voertuig meer of swaarder as dit nie.
R800 per vrag, prys slegs geldig in Pta.
Betalings opsies
Kontant
Kaart betaling (masjien beskikbaar)
Direkte EFT (Slegs indien dit vooraf gereel is en die betaling moet reflekteer voor ons jou perseel verlaat.)
25/09/2024
Vragte huis/tuinrommel R750 per vrag. Prys geldig slegs vir Pretoria
Betaal opsies
Kontant
Kaart
Direkte EFT (slegs indien vooraf gereel en direk betaalbaar voor ons die perseel verlaat.
27/05/2024
Alle fondse van die verkope gaan om Zulanka se kostes te dek. Sy is in die Gauteng Noord Jonge Dames C span wat Okt All Transvaals by die Vaaldam gaan hengel, en dan Desember SAs by Bloemhof.
Ons kan Woensdag 29Mei ook fudge beskikbaar he, dit moet asb teen Dinsdag middag 28Mei om 16:00 bestel wees. Betalings is slegs met ontvangs van produk, kontant of eft in haar persoonlike Capitec "hengel" rekening.
Ons kan ook Pudo vanaf locker tot by jou deur teen n ekstra fooi. Fudge wat ons Pudo is vooraf betaalbaar
29/12/2023
Wat n groot voorreg was dit nie om vandag by een van my grootste ikone en helde te kon gaan werk nie. Natuurlik was ek bietjie stadig toe ek die kwotasie gee en het nie dadelik besef met wie ek kommunikeer nie. 🤣, Maar toe ons voor die huis staan slaat ek die spyker op die kop en besef dat "Janine" nie net Steve Hofmeyer se foto op haar whatsapp het omdat sy mal is oor sy musiek nie maar sy vrou is. Dankie Steve Hofmeyr en Janine dat julle gesin ons as klein besigheid vandag ondersteun het. Dit was net n plesier om julle te help skoonmaak na julle groot trek. Groette KH Transport Services.
25/08/2023
Dankie aan elke liewe klient wat ons ondersteun en verwys, ons waardeer elkeen van julle.
17/08/2023
Die persoon wat so verveeld was om deur soveel moeite te gaan om my man se baas te bel (hoe jy haar nr gekry het weet net jy alleen want sy voertuig is nie eers gebrand of het nrs op nie)en te se ons PRIVAAT voertuig maak asblikke leeg en dump illegal, jyt my dag gemaak want ons het al ons slips. Jy kon nie eers vor haar fotos gee nie. Hierdie slip is asblikke tussen Maandag 14Aug-16Aug Woensdag gelaai 🤣🤣. En min weet jy elke klient kry persoonlik n whatsapp met die strokie as ons klaar gedump het. Sy lag net so lekker soos ons vir jou. Probeer volgende keer harder hoor.
09/08/2023
Bewysse dat al die asblikke wat ons leeg gemaak het wel wettig gedump is. Dankie aan almal wat ons ondersteun het.