09/09/2026
Wat ’n dag! 💙
CMR Noord se eerste High Tea vul ons harte met dank.
’n Dag soos hierdie gebeur nie vanself nie. Dit gebeur wanneer mense opdaag, saamkuier, lag, ’n lootjie koop, hand opsteek by die veiling, ‘n item by ‘n uitstaller koop en sonder huiwering saam met Toby the Turtle dans!
Donateurs en borge het met hul skenkings, pryse en veilingitems gehelp om die dag ook ’n suksesvolle fondsinsameling te maak.
’n Hoogtepunt was die veiling van vier besondere items: ’n naweek by Elements Private Golf Reserve, ’n wegbreek vir twee by 26 Degrees South Hotel, ’n persoonlike kleuranalise deur Martie Truter en Scuta One, ’n unieke halssnoer deur die Pretoriaanse kunstenaar Sanet du Plessis.
Op die verhoog het Martie Truter van Hello Woman Creations, Jezelle Jezelle, Ronellé Foster, Ronel Aylward en Carina Erlank elkeen iets van hulself met ons gedeel – van musiek en humor tot stories wat ’n mens laat nadink.
En toe Jezelle sing en later ’n hele saal vol dames saam met Toby dans, het ons geweet: hierdie was ’n lekker dag!
Aan NG Kerk Stellastraat NG Gemeente Stellastraat, wat hul deure vir ons oopgemaak het, en aan elke persoon wat op groot of klein manier bygedra het: ons waardeer julle.
Hierdie High Tea was ’n sukses omdat julle dit saam met ons ’n sukses gemaak het. 🌷Die lewe is nie ’n reguit lyn nie – en dit is juis die draaie, stilhouplekke en nuwe rigtings wat ons stories so mooi maak.