In die lig van die ernstige sensuur wat Mark Zuckerberg van Facebook plaas op mense se vryheid van spraak en veral die dubbel standaarde wat daarmee gepaardgaan, het OASE besluit om nie verder enige plasings op Facebook te maak nie en om hierdie FB-rekening binnekort te sluit. Daar sal weldra nuwe sosiale mediaforums ontstaan waar konserwatiewes se stemme welkom sal wees.
OASE - Onafhanklike Afrikaner-selfbeskikkingsekspedisie
OASE is ‘n akroniem wat staan vir Onafhanklike Afrikaner-selfbeskikkingsekspedisie. OASE is nie 'n politieke party, kultuur- of burgerregte-organisasie nie.
Politieke drukgroep vir Afrikanerselfbeskikking op territoriale grondslag ooreenkomstig Artikel 235 van Suid-Afrika se Grondwet en internasionale reg, met hierdie voorgestelde territorium: http://bit.ly/2YzZzjo OASE is 'n drukgroep ("advocacy group") wat streef na selfbeskikking met uiteindelike onafhanklikheid oor grondgebied vir Afrikaners. OASE se strewe berus op Artikel 235 van die RSA se Grondwet en internasionale regsbeginsels. OASE werf nie stemme nie.
01/11/2020
Daar heers duidelik politieke onwil by Afrikanerleiers om oor hul eie mense te regeer.
Politieke onwil onder Afrikanerleiers Die politieke onwil onder Afrikanerleiers om oor hul eie mense te regeer Cor Ehlers 31 Oktober 2020 Fake news isn’t just a lie. It’s a lie cloaked in the garb of journalism. Recognized brands and anonymous sources lend legitimacy to left-wing conspiracy theories. – Daniel Greenfield VF Plus se...
27/10/2020
Kyk net hoe mooi werk die Broeders saam om Afrikaners se toekoms namens hulle te bepaal - net soos wat ons toekoms deur die ou Broederbond in 1986 bepaal is toe hulle besluit het die terroris Nelson Mandela sal vrygelaat word sonder dat hy geweld hoef af te sweer, en dat die ANC as terroriste-organisasie ontban moet word. Die 'selfbestuur' waarna dr. Mulder en Solidariteit Beweging streef gaan nie Afrikaners red in `n see van miljoene andersdenkendes nie:
‘Interne selfbestuur is ʼn haalbare strewe’ | Maroela Media ʼn Struikelblok in die pad tot selfbeskikking tot dusver is dat die ANC-regering eenheid voor diversiteit stel en enige neigings tot selfbeskikking as apartheid wat by die agterdeur insluip, beskou.
21/10/2020
Flip Buys se tien lesse uit die Senekal-gebeure https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/tien-lesse-uit-senekal-gebeure/ verdien lof tot by Punt 9, behalwe vir die feit dat sowel TLU SA as AfriForum in die verlede hofsake teen Malema gedryf het, en nie slegs AfriForum nie. Sulke goedkoop reklame vir AfriForum is onnodig.
Voorts het dr. Marieke Roos, bekende internasionale regsgeleerde, al in 2015 bevind dat daar 114 stukke wetgewing is wat onder ANC-bewind deur die parlement aangeneem is wat teen wit mense diskrimineer, d.w.s. omgekeerde apartheid. Die navorsing is gepubliseer in die bekende Nederlandse politikus, Martin Bosma, se boek Minderheid in Eigen Land https://www.bol.com/nl/p/minderheid-in-eigen-land/9200000043452626/. Intussen het die stukke wetgewing, wat suiwer op basis van ras teen wit mense diskrimineer, aangegroei tot meer as 120.
Wat Flip Buys se Punt 10 betref net die volgende: Solidariteit Beweging se gedagte van selfbestuur gaan nie Afrikaners uit die gemors red waarin hulle tans verkeer nie. Afrikaners is Westerlinge en nagenoeg 6% van Suid-Afrika se bevolking, terwyl nagenoeg 80% swart mense is met totaal ander kultuur, waardes en norme.
Slegs territoriale selfbeskikking, wat die grondslag vorm van onafhanklikheid, bied die nodige waarborge vir volhoubare voortbestaan aan minderheidsvolke wat vasgevang sit in vyandiggesinde eenheidstate.
https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/tien-lesse-uit-senekal-gebeure/
Tien lesse uit Senekal-gebeure | Maroela Media Die afgelope tyd se gebeure by Senekal het tot soveel berigte en gerugte gelei, dat dit moeilik is om sin uit alles te maak. Daar staan vir my tien lesse in die gebeure uit, skryf Flip Buys.
18/10/2020
VF Plus Selfbeksikkingskonferensies 16 Oktober 2020 Dr. P. Groenewald Nasionale Leier Vryheidsfront Plus Geagte dr. Groenewald SELFBESKIKKINGSKONFERENSIES Ons verwys na die onlangse mediavrystelling van dr. Wynand Boshoff vir VF Plus se voornemens om ‘n aantal konferensies te hou oor die onderwerp van selfbeskikking vir m...
18/10/2020
VF Plus beplan selfbeskikkingskonferensies met verskeie sprekers wat OASE nie beskou as Afrikaners se eerste span nie. Ons bestuur het daarom besluit om die volgende skrywe https://docs.google.com/document/d/1SSwbWCn1ZZiYhLvNFhUrgfCQ__OWaD74C_a274oOkM0/edit?usp=sharing te rig aan die VF Plus se nasionale leier, dr. Pieter Groenewald.
Enige navrae oor die skrywe insluitend die aanhangsels waarna verwys word, maar wat nie hier gepubliseer word nie, kan gerig word aan [email protected]
VF Plus Selfbeksikkingskonferensies 16 Oktober 2020 Dr. P. Groenewald Nasionale Leier Vryheidsfront Plus Geagte dr. Groenewald SELFBESKIKKINGSKONFERENSIES Ons verwys na die onlangse mediavrystelling van dr. Wynand Boshoff vir VF Plus se voornemens om ‘n aantal konferensies te hou oor die onderwerp van selfbeskikking vir m...
21/09/2020
Cape Independence Polling Results
We commissioned Victory Research to conduct a poll to determine the current level of support for Cape independence. Here we share some key insights in graphic format. A more detailed summary showing the main questions we asked, and how people responded, with their responses grouped by political affiliation and race group, is available in PDF format in the Downloads section towards the bottom of this page. You can also find the Press Release we sent to local media below:
Cape Independence Polling Results Cape Independence Advocacy Group Poll - August 2020
25/08/2020
There has been considerable discussion recently regarding the possibility of the Western Cape seceding from South Africa and becoming fully independent. The immediate reaction by some South African academics is that this is simply impossible both in terms of the South African Constitution[1] and in terms of international law. In truth, however, secession is prohibited by neither of these as long as certain requirements are met. This statement certainly constitutes an inevitable simplification. However, simplifications cannot be avoided when discussing a complex issue such as secession in a few hundred words.
The Case for Remedial Secession of the Western Cape | South Africa Today There has been considerable discussion recently regarding the possibility of the Western Cape seceding from South Africa and becoming fully independent. The immediate reaction by some South African academics is that this is simply impossible both in terms of the South African Constitution[1] and in....
22/08/2020
Vriende
Na aanleiding van OASE se besluit om die CIAG (Cape Independence Advocacy Group) se onafhanklikheidsinisiatief in die Wes-Kaap te steun, het ons hierdie opiniestuk saamgestel om inligting beskikbaar te maak oor afskeiding (sesessie) van die provinsie as ’n spesifieke grondgebied (territorium) met die oog op volle onafhanklikheid:
https://docs.google.com/document/d/e/2PACX-1vSshT2WcHv9AukutK3h4N2nqiJ5ywZeiB3cYbL5CEysFiBvbSwepwQ_sUHpwwbNyllFVCsMhlC3hTrZ/pub
Versprei dit asseblief so wyd as moontlik.
Vriendelike groete
Cor Ehlers
Sesessie: Wes-Kaap Na aanleiding van OASE (Onafhanklike Afrikaner-selfbeskikkingsekspedisie) se besluit om die CIAG (Cape Independence Advocacy Group) se onafhanklikheidsinisiatief in die Wes-Kaap te steun, het ons hierdie opiniestuk saamgestel om inligting beskikbaar te maak oor afskeiding (sesessie) van die provinsi...
19/08/2020
The central theme of independence is the freedom of a people to collectively and democratically decide how and by whom they must be governed. The people of the Western Cape cannot be enslaved to the ideological su***de of the ANC, the Economic Freedom Fighters, or the political will of South Africa’s other eight provinces.
Why Pierre de Vos is wrong about Cape independence ‘The renowned expert in constitutional law has clinically outlined just how democratically powerless the people of the Western Cape truly are within the current political dispensation’
06/08/2020
Goeiedag Vriende
Hierdie organisasie https://www.capeindependence.org/ is die eerste drukgroep wat myns insiens professioneel te werk gaan om die Wes-Kaap te probeer afskei van SA met die oog op volle onafhanklikheid. Dit is duidelik dat daar nou reeds wye steun vir die organisasie is:
https://dailyfriend.co.za/2020/08/04/the-time-for-secession-has-arrived/?ml_subscriber=1480890129588426616&ml_subscriber_hash=w8x1&utm_source=newsletter&utm_medium=email&utm_campaign=reform_s_last_chance&utm_term=2020-08-05
Die Wes-Kaap as territorium voldoen basies aan die kriteria vir die totstandkoming van ‘n nuwe staat ooreenkomstig die Konvensie van Montevideo, behalwe dat dit steeds onder effektiewe beheer van die ANC as owerheid is, selfs al bestuur die DA die provinsie de facto.
Die artikel hierbo van Ivo Vegter stel dit duidelik dat die ANC nie maklik sal afstand doen van die Wes-Kaap nie, maar soos ons weet het hulle nie die laaste sê in die saak ooreenkomstig internasionale reg nie. Die twee groot vrae is of die meerderheid stemgeregtigdes in die provinsie ten gunste van sesessie sal stem, en of ander soewereine state die Wes-Kaap se onafhanklikheid sal erken.
Alhoewel nagenoeg 80% van alle Afrikaners wat nog in SA woon nie in die Wes-Kaap gevestig is nie, sal ‘n onafhanklike Wes-Kaap na alle waarskynlikheid wel in die toekoms ‘n heenkome vir die meeste van ons mense bied. Dit skep die geleentheid vir Afrikaners om in volksverband in Afrika te kan voortbestaan en dit bied immers ‘n veel beter heenkome as Orania in die Noord-Kaap se semi-woestyngebied.
OASE steun die inisiatief van die Cape Independence Advocacy Group https://www.capeindependence.org/ en sal samewerking vir die organisasie bied waar ons kan. Ons het reeds met die bestuur van die organisasie kontak gehad en is tevrede dat hul doelwitte en werkswyse voldoen aan sowel SA se grondwetlike as internasionale regsvereistes. Ons moedig alle vryheidstrewende Afrikaners aan om ook die organisasie te steun.
Ons sal intussen aanhou druk uitoefen vir Afrikaners se selfbeskikking geskoei op die model soos vervat in my boek, ‘n Afrikanerheimat – die tiende provinsie, wat in alle opsigte voldoen aan SA se grondwetlike en internasionale regsvereistes.
Tot nou toe was daar na ons mening nie ander organisasies, behalwe VF Plus, wat selfbeskikkingsdoelwitte nastreef en werkswyses handhaaf wat voldoen aan SA se Grondwet en internasionale regsvereistes nie - daarom dat ons VF Plus ook steeds openlik steun.
Vriendelike groete
Cor Ehlers
Cape Independence - Let's Free The Cape! The Cape Independence Advocacy Group is a political pressure group committed to, democratically, lawfully and peacefully, obtaining independence for the collective peoples of the (Western) Cape.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the business
Website
Address
Moreletapark
Pretoria
0167
