Laerskool Elarduspark

Laerskool Elarduspark

Share

Welkom by Lardies op Facebook! Kontak ons gerus by [email protected]

12/06/2026

0/10A'S DEUR NA DIE BLOU BULLE FINAAL 🏉🏆
Baie geluk aan ons o/10A-rugbyspan wat amptelik deurgedring het na die Blou Bulle Finaal!

Die hele Lardie-gemeenskap staan bankvas agter julle vir die eindstryd. Gaan voluit, speel met julle harte en geniet elke oomblik op die veld!

#2026

Photos from Laerskool Elarduspark's post 11/06/2026

LARDIE STERSTATUS 🌟
By Laerskool Elarduspark bou ons nie net vir die toekoms nie, ons werk hard om aan ons leerders se karakter te bou. Hierdie week gee ons met trots Sterstatus aan hierdie spesiale Lardies!

#2026

11/06/2026

LARDIE KOMPETISIE 2026⭐
Lardies, dit is nou amptelik KRAAKTYD!
Daar is net een week oor van die Lardie Kompetisie en ons het julle hulp nodig vir daardie laaste groot stoot.

Koop jou kaartjie by enige van ons Lardie leerders. Elke kaartjie wat ons verkoop, bou aan die toekoms van ons mooi blou skool sodat ons Lardies kan aanhou Reik na die Sterre.

#2026

11/06/2026

LARDIES KULTUURDEPARTEMENT ✨🌟
Agter elke noot en toespraak staan ’n span wat hul werk met absolute liefde doen. Ons is geseënd met ’n kultuurdepartement wat hul harte op hul moue dra.

#2026

Photos from Laerskool Elarduspark's post 10/06/2026

MINI-HOKKIE WAARDEVOLLE OEFENSESSIE OP DIE ASTRO🏑🌟
Ons Mini-Hokkie-maats het gister ’n heerlike oefensessie op die Astro gehad.

Hierdie oefensessies is die perfekte geleentheid vir ons spelertjies om goeie blootstelling te kry aan die vinnige Astro-oppervlak en te sien hoe die bal anders beweeg as op gras. Dit is wonderlik om te sien hoe ons mini-Lardies hul vaardighede stroomlyn!

#2026

Photos from Laerskool Elarduspark's post 10/06/2026

BLOU BULLE SEMI-FINALE🏉💪
Drie Lardie-spanne in die stryd!
Die opwinding loop hoog tussen ons rugbymanne! Ons is trots op ons rugbyspanne wat deurgedring het na die Blou Bulle Semi-finale wat hierdie Donderdag, 11 Junie te Hoërskool Waterkloof plaasvind.

Ons het nog nie bevestiging of daar ’n regstreekse uitsending van die wedstryde gaan wees nie. Sodra ons meer inligting het sal ons die Lardie gemeenskap dadelik in kennis stel.

Baie sterkte aan al drie hierdie spanne en hul afrigters. Gaan wys vir hulle wat dit beteken om 'n Lardie Legende te wees!

#2026

Photos from Laerskool Elarduspark's post 09/06/2026

GAUTENG KAMPIOENSKAPPE, HIER KOM DIE LARDIES! 🏐
Díe dogters se harde werk het vrugte afgewerp. Ons is trots om aan te kondig dat beide ons o/12A en o/13 A Netbalspanne deurgedring het na die Gauteng Kampioenskappe te Hoërskool EG Jansen hierdie komende naweek.

Hierdie is ’n geweldige prestasie wat getuig van weke se sweet en pure murg op die baan. Gaan voluit vir elke bal en speel as ’n eenheid, ons staan agter julle!

#2026

09/06/2026

WIE HET NOU 'N SKOOLBUS NODIG?
As jy nog nie jou kaartjies gekoop het nie, is dit nou die tyd.
Elke kaartjie wat jy koop ondersteun ons skool se fondsinsameling vir nuwe projekte en fasiliteite en gee jou natuurlik ’n kans op daardie groot prys.

#2026

09/06/2026

MANNE AAND 2026, ONS ROEP ALLE LARDIE PA'S🔥
Pappas, maak gereed vir ’n aand van goeie samesyn en lekker kuier ten bate van ons mooi blou skool! Dit is tyd vir die jaarlikse Sterrebond Manne-Aand en u wil dit nie misloop nie.

Bring u vriende, geniet die aand saam met mede-Lardie-pa's en ondersteun ons fondsinsameling.
Volg die onderstaande skakel om u bywoning te bevestig:
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSe3iCfJHPLPWrdi-ugfwR23msJ7zlsWFbMfCTWg2vgKmNox-Q/viewform

Algemene navrae: 0824051289

#2026

08/06/2026

SELFVERTROUE NEEM HOM REGUIT NA DIE FINAAL🎤🌟
Een van ons eie Lardies het amptelik deurgedring na die Redenaars ATKV-Applous Landsfinaal in die addisionele taal kategorie.

Om in ’n addisionele taal op hierdie vlak mee te ding en uit te blink, vra veel meer as net talent. Dit is die resultaat van weke se harde werk en moed. Baie geluk en baie sterkte met die laaste voorbereidings vir die Landsfinaal, ons hele skool wag in spanning om jou te sien skitter!

#2026

Want your business to be the top-listed Government Service in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Address


Alberton Street 548
Pretoria
0181

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:30
Tuesday 07:30 - 14:30
Wednesday 07:30 - 14:30
Thursday 07:30 - 14:30
Friday 07:30 - 14:30