Anne-Marie Sparg

Anne-Marie Sparg

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Anne-Marie Sparg, Political Party, Excell Park. Corner Rodericks & Lynnwood Roads, Pretoria.

12/06/2026

Hopelik gaan die inwoners nie weer dae lank wag vir die vervanging van die gesteelde kabels

(Scroll down for English)

TSHWANE-METRO SE NALATIGHEID HELP KABELDIEWE IN GROENKLOOF

Die VF Plus doen weer ‘n beroep op die Tshwane-metro om dringend die digte plantegroei in dele van Groenkloof, veral langs die grensdraad van die Unisa- en UP-kampus, skoon te maak.

Sowat 1500 inwoners, verskeie ondernemings en die Groenkloof Life-hospitaal sit sedert gisteroggend om 02:00 sonder elektrisiteit nadat kabels die tweede keer in minder as ‘n maand gesteel is.

Die digte oorgroeide plantegroei pootjie ook die metro se herstelwerk drasties. Waar dit tegnici die vorige keer drie dae geneem het om die fout op te spoor, het dit hulle dié keer ’n volle dag geneem net om tussen die ruie bosse te soek na die presiese plek waar die diewe toegeslaan het.

Hoewel die elektrisiteitsdepartement tans besig is om die gesteelde kabels te vervang, gaan dit weens die omvang van die skade nog ’n wyle duur voordat die kragtoevoer ten volle herstel is.

Inwoners van Groenkloof is keelvol vir dié herhalende onderbrekings wat deels die gevolg van die metroraad se nalatigheid is aangesien misdadigers tussen die digte plantegroei wegkruip om hul misdadige dade uit te voer.

Inwoners sal op 4 November 2026 tydens die plaaslike regeringsverkiesing die geleentheid kry om vir die VF Plus te stem om toe te sien dat behoorlike dienslewering in hul woonbuurte geskied.- Rdl. Anne-Marie Sparg
📌Artikel: https://www.vfplus.org.za/af/mediaverklarings/tshwane-metro-se-nalatigheid-help-kabeldiewe-in-groenkloof/
💚 BLY INGELIG, VOLG: https://whatsapp.com/channel/0029VaHfcxyEFeXuPu7Oqs2R

_________________

TSHWANE METRO’S NEGLIGENCE FACILITATES CABLE THEFT IN GROENKLOOF

The Freedom Front Plus (VF Plus) once again urges the Tshwane Metro to clear away dense vegetation in parts of Groenkloof, particularly along the boundary fences of the Unisa and UP campuses.

Approximately 1 500 residents, several businesses and the Groenkloof Life Hospital have been stranded without electricity since 02:00 yesterday morning after power cables were stolen for the second time in less than a month.

The densely overgrown vegetation is also severely hampering the Metro’s repair efforts. The previous time, it took technicians three days just to locate the fault and this time, it took them an entire day to search through the thick undergrowth to find the exact spot where the thieves had struck.

The Electricity Department is currently busy replacing the stolen cables, but due to the extent of the damage, it will still be some time before power supply is fully restored.

Groenkloof residents have had enough of these frequent outages, for which the Metro is partly to blame seeing as it has neglected to clear the areas and criminals use the cover of the dense vegetation to carry out their criminal activities.

The local government elections on 4 November 2026 present residents with a golden opportunity to vote for the Freedom Front Plus, which will ensure proper service delivery in their neighbourhoods. - Cllr. Anne-Marie Sparg
📌Article: https://www.vfplus.org.za/media-releases/tshwane-metros-negligence-facilitates-cable-theft-in-groenkloof/
💚 STAY INFORMED, FOLLOW: https://whatsapp.com/channel/0029VaHfcxyEFeXuPu7Oqs2R

12/06/2026

Regruk plan

12/06/2026

Ongeag of ons groen of blou stem, ons bloed is rooi en vandag werf ons saam bloedskenkers by Pretoria FM se "bail & jail" bloedskenk projek

09/06/2026
Mobile uploads 08/06/2026

Die naweek was ons besig in Elarduspark.
Dit was nogal koel vroeg in die oggend - seker ons koudste oggend van Junie 2026.
Dankie aan Marius wat dit georganiseer het.





https://www.facebook.com/share/1DqHYWmJwq/

Elarduspark

05/06/2026

In die jongste uitgawe van Nuusweek kan jy meer lees oor wat moontlik agter die twee ontploffings by Woolworths-winkels skuil, hoe plattelandse gemeenskappe deur plaasmoorde geruk word terwyl die regering oor opruiende uitsprake swyg, en uitvind hoe River die skaaphond deur 'n sakeman uit vloedwaters gered is.

Die jongste uitgawe van Nuusweek kan nou hier gelees word -.https://www.pretoriafm.co.za/nuusweek/



30/05/2026

Eintlik was dit nogal 'n besige week met verskeie koukusse en Raadsvergadering en gister se petisie by tekenry by Groenkloof Plaza. Vanoggend was ons weer uit met 'n sigbaarheids aksie in wyk 44 Faerie Glen.


30/05/2026

Wessel het ook die petisie by groenkloof kom teken - volgens hom mag hy nie "unsupervised" winkels toe gaan nie.
Hy kan dus 'n goeie verskoning aanbied vir enige iets met hierdie t-hemp.




30/05/2026

Willie Spies het by ons 'n draai kom maak Vrydag oggend 29 Mei tydens ons voortgesette petisie aksie by Groenkloof Plaza. Dankie Willie vir jou ondersteuning.
Fantastiese inwoners van Groenkloof village het een na die ander die petisie kom teken van 10vm tot 2nm.
Dankie aan Carla en Mia wat kom help het.




Want your business to be the top-listed Government Service in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Website

Address


Excell Park. Corner Rodericks & Lynnwood Roads
Pretoria
0818