28/09/2026
THORNLANDS
Beste Sarel
GOLFDAG TEN BATE VAN HUIS AA TOMLINSON
Namens die Inwoners, Personeel en Beheerraad wil ek baie dankie sȇ dat Thornlands weer bereid was om hierdie jaar ‘n Gholfdag ten bate van Huis AA Tomlinson aan te bied. Ons is saam met julle dankbaar vir die uiters suksesvolle 2026 Gholfdag! Die ongekende betrokkenheid en mooi gesindheid van alle rolspelers was merkwaardig. Baie dankie aan al die borge, ondersteuners, Gholfklub en veral personeel van Thornlands. Ek wil niemand uitsonder nie want elkeen se bydrae het tot die sukses van die dag bygedra. Miskien moet ek vir Annelien uitsonder vir die harde werk en professionele manier hoe sy die dag gereel het, en die mooi gesindheid teenoor Huis AA Tomlinson! Mag die Here se seёn op u almal rus.
Baie dankie vir die bedrag van R401 000,00 wat ingesamel is. Hierdie fondse was ge-oormerk vir die opgradering van die kombuis en die gepaardgaande terugbetaling van die lening uit Badisa se beleggingsfondse. Die opgradering is gedoen en ons is baie trots op die eindresultaat. Ek heg ‘n paar foto’s van die opgeknapte kombuis hierby aan.
Laastens bedank ons ook Vader vir Sy betrokkenheid en seёn oor ons Tehuis.
Vriendelike groete
Manie Meyer