Mieder se gedigte

Call Directions

Mieder se gedigte Inspirerende gedigte tot eer van God

25/10/2026

# Ek Was ’n Dromer (498)

**Geskryf deur Mieder Palm – 16/6/2023**

**[Intro – Sagte manstem]**\
Ek was Josef, ek was ’n dromer,\
My lewenspad was anders as die ander.\
Ek het gedroom, maar niemand wou verstaan,\
Waarom God my op ’n ander pad wou laat gaan.

**[Vers 1 – Manlike hoofsanger]**\
Ek was Josef, ek was ’n dromer,
Vir my familie ’n vreemde inwoner.
My boeties het nooit verstaan,
Waaroor al my drome gaan.
Ek was anders as die res,
Hulle het my verwerp soos die pes.
Maar diep in my hart het ek geglo,
God sou my lei, waarheen ek ook moes gaan.

**[Koor – Gemengde koor]**\
Ek was ’n dromer, ’n dromer in God se hand,
Al het niemand my verstaan in my eie land.
Al het mense my verwerp en my alleen laat staan,
Het ek bly glo dat God met my sou voortgaan.
Ek was ’n dromer, my hoop was in die Heer,
Want selfs deur donker nagte bring Hy lig weer.
Wat God belowe, sal Hy op Sy tyd laat kom,
Sy planne staan vas, al draai my wêreld om!

**[Vers 2 – Manlike hoofsanger, koor antwoord]**\
**Hoofsanger:** My broers het my nie verstaan,
**Koor:** Maar God het saam met jou gegaan!
**Hoofsanger:** Hulle het my drome weggejaag,
**Koor:** Maar God het jou deur alles gedra!
**Hoofsanger:** Al was die pad vol pyn en stryd,
**Koor:** God het geweet die regte tyd!
**Hoofsanger:** Ek het nie altyd die rede verstaan,
**Koor:** Maar God se plan sou steeds voortgaan!

**[Koor – Kragtige gemengde koor]**\
Ek was ’n dromer, ’n dromer in God se hand,
Al het niemand my verstaan in my eie land.
Al het mense my verwerp en my alleen laat staan,
Het ek bly glo dat God met my sou voortgaan.
Ek was ’n dromer, my hoop was in die Heer,
Want selfs deur donker nagte bring Hy lig weer.
Wat God belowe, sal Hy op Sy tyd laat kom,
Sy planne staan vas, al draai my wêreld om!

**[Brug – Sagte manstem, koor bou geleidelik op]**\
Dalk verstaan jy nie jou lewenspad,
Dalk voel dit of jy alles verloor het wat jy gehad.
Maar moenie moed verloor wanneer die donker kom,
God kan jou trane in ’n nuwe lied laat omkom.

**Hoofsanger:** Al verstaan die wêreld my nie,
**Koor:** God sien jou hart, Hy vergeet jou nie!
**Hoofsanger:** Al lyk my drome ver en klein,
**Koor:** God se tyd sal altyd reg en goed wees!

**[Laaste koor – Volle koor, kragtig en triomfantlik]**\
Ons is dromers in die hand van God,
Ons vertrou op Hom, ons vaste Rots!
Al verstaan die wêreld nie ons pad,
Weet ons God hou ons veilig in Sy hand.
Ons is dromers, ons hoop is in die Heer,
Hy gee ons krag om op te staan en weer te leer.
Wat God begin, sal Hy voltooi,
Sy planne is getrou, Sy liefde bly mooi!

**[Outro – Sagte manstem, koor fluister]**\
Ek was Josef, ek was ’n dromer,
My pad was anders as dié van ander.
Al het my broers my nie verstaan,
Het God my nooit alleen laat staan.

**Koor (sag):**\
God laat Sy planne op Sy tyd ontvou,
Gelukkig is die mens wat op Hom vertrou.

**Amen.**

©
Mieder Palm
25/10/2026

24/10/2026

Here, ek leef my passie uit(497)
---
Here, dankie dat ek, my passie mag uitlewe,
om U, met my hele lewe te dien, is my strewe.
Om alles te doen, wat U my vra
en so ook, ander se laste, te mag help dra.
---
Here, dankie vir my talente, om te mag skryf,
om U te mag dien, is wat my voortdryf.
Here, my passie is, om U naam te vereer
en om in gebeds gesprekke, met U my Meester, te verkeer.
---
Here, maak dan nou, my hart en lewe skoon,
sodat U, deur U Heilige Gees, ook in my mag woon.
Here Jesus, kom versterk my geloof,
sodat die bose, nie my geloof kan beroof.
---
Here, help my, om my passie te volbring
en so my gebede, in lofliedere te mag sing.
Here, my passie, is om mense, deur my woorde, vir U te win,
dat hulle, saam met my, U lof mag besing.
---
Aan U, al die lof en die eer.
---
In Jesus dierbare Naam.
---
Amen
---
©
Mieder Palm
15/6/2023

23/10/2026

Kosmos blomme(495)
---
Here, wie kan dan die natuur, verstaan?
U gee vir ons seisoene, om in te bestaan.
Soos al die Kosmos blomme, langs die pad,
In een seisoen, al die mooi van die lewe, saamgevat.
---
Elke jaar, kom die Kosmos, welig op,
sonder dat die vyande, dit kan stop.
Om aan U, al die eer te bring,
en in die wind, U lof, te besing.
---
Hulle het geen mense hulp nodig, om voort te plant,
dit alles ontvang die Kosmos, uit U Hand.
Die Kosmos pronk en skitter, tot U eer,
want U hou die seisoene, onder U beheer.
---
Kom o mensdom, gee aan God, al die eer,
laat ons in die seisoen, ons God vereer.
More is dit dalk, reeds te laat,
wat sal ons dan, uit ons afguns baat.
---
Jesus, het ook vir jou gesterf,
om jou te red, van die verderf.
Hy het ook waarlik, opgestaan,
Jesus, het vooruit gegaan, om vir ons, die weg te baan.
---
Loof die Here, prys Sy Naam.
---
Amen
---
©
Mieder Palm
14/6/2023

22/10/2026

Here, maak U blydskap in my, volkome(494)
---
Here, dankie dat ek, U mag loof,
red my Here, verhoed dat die bose, my blydskap kom beroof.
Open my oë Heer, dat ek kan sien,
sodat ek, aan U die eer gee, wat U verdien.
---
Here, help my, om altyd nederig te wees,
lei my dag vir dag, deur U Heilige Gees.
Maak my, standvastig in geloof,
U wapenrusting te dra, om die bose se aanvalle, uit te doof.
---
Here, deursoek my lewe, in hierdie dag,
waarsku my, teen die teëstand, gee my krag.
Om die aanvalle, in die Naam van Jesus, af te weer,
verhoed dat die boosheid, my verteer.
---
Here, verwyder uit my lewe, wat nie van U af kom,
gebruik my, tot U eer en laat U vyande, verstom.
Here, my lewe is volkome, in U Hand,
U hou my wese, elke dag in stand.
---
Here, maak U blydskap, in my volkome,
laat my, U Liefde uitleef, soos in my drome.
Here, beskut my, onder U ontferming,
Jesus laat U bloed, my skild wees en my beskerming.
---
Here, U onbaatsugtige Liefde, maak my blydskap volkome.
---
In Jesus Heilige Naam
---
Amen
---
©
Mieder Palm
14/6/2023

21/10/2026

Jy kan nie God en mammon dien nie(493)
---
Here, dankie vir die wysheid, uit U Woord,
ek gaan dan nou ook, met U wysheid, akkoord.
Om die werke, van die bose mammon, op aarde te bind,
waarmee hy, die mensdom, daagliks kom verslind.
---
Here, die mensdom, wil U so graag kom dien,
maar die boosheid, van mammon, verdraai wat hul sien.
Dan volg hul, die geldgod so blindelings
en verander, U Woord, so rakelings.
---
Here, ek sal opstaan, in U Naam,
ek sal altyd, tot U eer, voortbestaan.
In die Naam van Jesus, sal U die mag, van mammon verbreek,
U sal U self, op die boosheid, van die duiwel wreek.
---
Here, U waarsku ons, teen gelukspele, in U Heilige skrif,
om U alleen te dien, met alles wat ons aandurf.
Here, om U altyd, eerste te stel,
om die mensdom, van U vergifnis, te vertel.
---
Here, om vir U te sterwe, is vir my ‘n wins,
maar om op aarde te bly, vergun my U guns.
Here, sonder U, kan ons nie standhou,
op U, my God, sal ek altyd vertrou.
---
In die Naam bo alle name
---
In die naam van Jesus, bid ek dit
---
Amen. Laat dit wees, soos U wil my Here
---
©
Mieder Palm
13/6/2023

20/10/2026

Dankbare hart (492)
---
Here, dankie vir hierdie dag,
waarop ek nederig, op U mag wag.
Dankie vir U, groot genade ook vir my,
waarmee U, my van die sonde, kom bevry.
---
Here, help my, om altyd dankbaar te wees,
dat ek U sal volg, sonder om te vrees.
Here, want U, is altyd in beheer,
U weet alreeds, van al die pyn en seer.
---
Here, dankie dat ek, die lig mag sien,
ek kan nooit, deur my werke, enigiets verdien.
In U groot Liefde, dra U ons elke dag,
omvou U ons, deur genade ook elke nag.
---
Here, dankie dat ek mag hoor,
help my, om te luister, wat het U, vandag vir my in stoor.
Here, dankie dat ek, U natuurskoon mag ruik,
gee dat die geur, van U Liefde, ook ander mag bereik.
---
Here, dankie vir die helderheid, van my verstand,
vir my talente, onverdiend ontvang, uit U Hand.
Leer my, om dit so te gebruik,
tot eer van U Naam, ook verlore mense, te bereik.
---
Here, dankie vir die skeppings werk, in my begin,
dit gee die lewe, elke oomblik weer sin.
Dankie vir my gesondheid, om U te mag dien,
om te weet, dat U uit genade, daagliks vir ons voorsien.
---
Here, dankie vir die sagtheid, van my hart,
om in te tree, vir mense in pyn en smart.
Here, dankie dat ek, my skuldenaars kan vergewe,
om daardeur, na U vry makende vergifnis, te mag strewe.
---
Here, dankie dat U Heilige Gees, in my bly,
om my te leer en ook te lei.
Help my, om net op U weë, te wandel,
Sodat ek deurentyd, in U genade handel.
---
In Jesus naam
---
Amen
---
©
Mieder Palm
12/6/2023

19/10/2026

Here, maak my bruikbaar (491)
---
Here, in hierdie oggend, wil ek in nederigheid, voor U staan,
ek wil in U Grootheid, op U weë gaan.
In hierdie oggend, wil ek vir U, om vergifnis vra,
dat ek in my klein geloof, soveel keer by U kom kla.
---
Here, maak my bruikbaar, vir U Heilige werk,
kom deur U groot genade en help my, deur my geloof te versterk.
Here, maak my hart, meer ontvanklik,
dat ek weereens besef, dat ek is in alles, van U afhanklik,
---
Here, maak my bruikbaar tot U eer,
ek plaas my lewe, in hierdie dag, onder U beheer.
Here, maak my diensbaar, vir U liefdes werk,
laat ek nooit, U liefde beperk.
---
Here, maak my bruikbaar, as instrument tot seën,
om aan ander, U genade te verleen.
Laat alles wat ek doen, U Naam vereer,
moenie dat my optrede, ander sal beseer.
---
Here, maak my bruikbaar, op die weg,
laat my blydskap in U, ander leer wat is reg.
Help my, om die sonde, te vermy
en ander, daardeur te kan bevry.
---
In Jesus Naam
---
Amen
---
©
Mieder Palm
9/6/2023

18/10/2026

Op die vleuels, van die Arend (490)
---
Ek is U kind, my God,
ek gee ag, op U liefdes gebod.
U gee my, nuwe krag elke dag,
in nederige erkentlikheid, sal ek op U leiding wag.
---
Ek sal luister, as U met my praat,
deur U Woord, gee U my altyd, die regte raad.
Ek sal leer, wanneer U, deur U Gees, my onderrig,
met blydskap, stel ek my hart oop, sodat U Gees, dit kom verlig.
---
Jesus, U het reeds, my sondes met U bloed, weg gewas,
My hart van klip, vervang met ‘n sagte hart, om by U te pas.
U versterk my geloof, dag vir dag,
ek onderwerp my, aan U Heilige gesag.
---
U Gees, neem my op ‘n Arendsvlug,
U laat my veilig voel, hoog in die lug.
U skenk my vrede, in my gemoed,
U liefde vir die mensdom, is so soet.
---
Op die vleuels, van die Arend, sal ek gaan,
in U groot liefde, sal ek voortbestaan.
U Heilige Gees, sal my elke dag lei,
om die valsheid, van die wêreld, te vermy.
---
Here, U sal ek altyd, in liefde vereer,
in U teenwoordigheid, sal ek met blydskap, verkeer.
Ek sal doen, wat U van my vra,
want in geloof, weet ek, dat U my altyd, deurdra.
---
Here U is in beheer
---
Amen
---
©
Mieder Palm
31/5/2023

17/10/2026

Here, dankie vir die voorreg(489)
---
Here, dankie vir die voorreg, wat ons het,
om U te nader, deur gebed.
Dankie dat ons, die sondes mag bely
en so die vergifnis, deur Jesus, mag verkry.
---
Here, baie dankie vir die voorreg, om ‘n familie te hê,
in wie ons ook, ons liefde en tyd mag belê.
Om elke lid, van die familie, aan U op te dra
en beskerming, oor hul lewens te mag vra.
---
Here, dankie vir die voorreg, om ‘n trotse oupa, te mag wees
en my kleinkind, aan U op te dra in liefde, vir die leiding van U Gees.
Om elke dag, vir haar te mag bid
en in geloof, haar by Jesus se voete, neer te sit.
---
Here, baie dankie vir die voorreg, van ‘n vriende kring,
om sodoende, aan U al die lof en eer, te bring.
Mense wat elke dag, vir mekaar intree
en mekaar in gebed, te dra op al ons weë.
---
Here, dankie vir die voorreg, om elke dag, op te staan
en saam met U, deur die lewe te mag gaan.
Om U in alles, te mag vereer
en steeds te weet, U is in beheer.
---
Here Jesus baie dankie
---
Amen
---
©
Mieder Palm
30/5/2023

16/10/2026

Here, dankie vir U veilige vesting(488)
---
Aan U kom toe, al die eer,
Here, my lewe, is onder U beheer.
Here, dankie dat U, my elke dag deurdra,
dankie dat U, voorsien voordat ek nog vra.
---
Here, dankie vir U veilige vesting, hier in my hart,
U het empatie, met al ons pyn en smart.
U het Jesus, aan die kruis afgestaan,
om in oorwinning, vir ons die weg te baan.
---
Here, dankie dat ons veilig, by U mag bly,
dankie dat ons, U vergifnis mag verkry.
Dankie Jesus, dat U ons vooruitgaan,
sodat ons in U Heerlikheid, mag kom staan.
---
Here Jesus, dankie vir die beskerming, in U bloed,
ons sal nooit in der ewigheid, U kan vergoed.
Ons kan altyd, veilig in U bly,
sodoende die ewige lewe, te verkry.
---
Here, dankie vir U Heilige Gees,
wat U geskenk het, om altyd by ons te wees.
Wat ons ook al, in die naam van Jesus vra,
sal Hy gee volgens Sy wil, om ons deur te dra.
---
In Jesus naam
---
Amen
---
©
Mieder Palm
21/5/2023

Address

Zeerust
2865

Telephone

0760919711

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mieder se gedigte posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share