Laerskool Constantiapark

Directions Website Contact the organization

Laerskool Constantiapark Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Laerskool Constantiapark, Public School, Rover Street, Constantiapark.

Laerskool Constantiapark is ‘n toonaangewende Afrikaanse publieke skool in die Ooste van Pretoria waar opvoeding ons kernbesigheid is wat aan die hand van akademie, sport- en kultuurdeelname plaasvind.

DIE VULKAAN ONTPLOF!Vulkaandag in graad 3 is altyd uitsonderlike pret!
31/10/2026

DIE VULKAAN ONTPLOF!

Vulkaandag in graad 3 is altyd uitsonderlike pret!





NOODDIENSTE-INSTAPPIE 🚨🚑🚔🚒💦🚁Wat ‘n opwindende oggend! Die nooddienste het by Laerskool Constantiapark kom kuier en die R...
30/10/2026

NOODDIENSTE-INSTAPPIE 🚨🚑🚔🚒💦🚁

Wat ‘n opwindende oggend! Die nooddienste het by Laerskool Constantiapark kom kuier en die Rooikatte op ‘n prettige manier laat let op veiligheid en die professionele dienste wat reageer wanneer ons onsself in nood bevind.

Baie dankie aan die polisie, Brinant sekuriteit, die ambulansdienste en die brandweer wat aan die Rooikatte hope PRET, vermaak én belangrike inligting kom verskaf het.




Leierinhuldiging 2026/2027'n Aand vol kosbare herinnering!
30/10/2026

Leierinhuldiging 2026/2027

'n Aand vol kosbare herinnering!

📢 AANKONDIGING VAN DIE HOOFLEIERS VIR 2027Baie geluk aan R***r, Divan, Jeanré, SJ, Moné, Michelé en Kara wat aangewys is...
29/10/2026

📢 AANKONDIGING VAN DIE HOOFLEIERS VIR 2027

Baie geluk aan R***r, Divan, Jeanré, SJ, Moné, Michelé en Kara wat aangewys is as ons hoofleiers van 2027! Ons wens vir julle alle voorspoed toe terwyl julle voorloop in 2027.

Staan saam, wen saam, bou saam!





LEIERINHULDIGING 2027 | 29 OKT. 2026Vanaand is die aand! Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die Lae...
29/10/2026

LEIERINHULDIGING 2027 | 29 OKT. 2026

Vanaand is die aand! Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die Laerskool Constantiapark Leierraad van 2027.

Staan saam, wen saam, bou saam!





SEWE-SEGES: DRIEKUNS-KAMPIOENEPretoria sidder en beef, want  Rooikat-rugby leef lekker!Die O/12-Rooikatte wen al 18 sewe...
27/10/2026

SEWE-SEGES: DRIEKUNS-KAMPIOENE

Pretoria sidder en beef, want Rooikat-rugby leef lekker!

Die O/12-Rooikatte wen al 18 sewes-rugbywedstryde waaraan hulle deelneem en kroon hulself as kampioene van drie agtereenvolgende sewes-rugbytoernooie!

Lekkerrrrrr! Staan saam, wen saam! Rrrrrooooikatte!

Dankie aan Virseker, Cool Schools, Brinant Group, USN SA - Ultimate Sports Nutrition, Suzuki Menlyn en Greenworld Solar wat bankvas agter die Rooikatte staan!












Ons eerste CP-orkes o.l.v  me. Danelle Matthysen. So kom hulle een Vrydagmiddag saam om te loer uit nuuskierigheid en to...
27/10/2026

Ons eerste CP-orkes o.l.v me. Danelle Matthysen. So kom hulle een Vrydagmiddag saam om te loer uit nuuskierigheid en toe begin die musiekpret! Dié groepie gaan in die Geskiedenisboeke genoem word as die orkeslede wat die eerste orkesspore op die maan gaan trap het!




En daar is die tandjie vir die Tandemuis wegger as weg en almal soek! Jinne, kyk net die gesigte vol spanning...waar is ...
27/10/2026

En daar is die tandjie vir die Tandemuis wegger as weg en almal soek! Jinne, kyk net die gesigte vol spanning...waar is daai tand nou?



SUPER 12:  ONS ROOISKATTE KOOK!Ons Super 12-mooi bly net instroom en ons trots bly net groei! Baie geluk aan ons RooiSka...
26/10/2026

SUPER 12: ONS ROOISKATTE KOOK!

Ons Super 12-mooi bly net instroom en ons trots bly net groei! Baie geluk aan ons RooiSkatte wat derde eindig en pragtige podiumplekke, maar ook aan elke Rooikat-atleet wat voluit talente ontplooi het! Toewyding aan elke oefening, bring resultate, want Rooikatte wat roer se vibrasies op bane en velde is dan sonder maat of perk!

Staan saam, byt saam vas, woeker saam en wen saam!






Address

Rover Street
Constantiapark
0048

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 14:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Constantiapark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Laerskool Constantiapark:

Shortcuts

Share

Category

Nearby government services