Kamiesberg Munisipaliteit

Call Directions Website Contact the organization

Kamiesberg Munisipaliteit Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Kamiesberg Munisipaliteit, Government Organization, Main Street 22, Garies.

Geluk Marigolds RFC. Julle verdien dit. Sterkte vir die Super Liga. Hou Kamiesberg se naam hoog!!!
25/10/2026

Geluk Marigolds RFC. Julle verdien dit. Sterkte vir die Super Liga. Hou Kamiesberg se naam hoog!!!

16/10/2026
Burgemeester se rugby toernooi suksesvol by Garies sportsgronde.Kamiesberg Burgemeester Rugby toernooi 2026, insamewerki...
14/10/2026

Burgemeester se rugby toernooi suksesvol by Garies sportsgronde.

Kamiesberg Burgemeester Rugby toernooi 2026, insamewerking met Kamiesberg PCO 503, het verlede Saterdag, 10 Oktober 2026, plaasgevind. Hierdie rugby toernooi het plaaslike rugby spanne en gemeenskapslede bymekaar gebring in 'n feesviering van sport, eenheid en talent ontwikkeling.

Die doel van die toernooi is om jongmense aan te moedig om aktief by sports betrokke te raak, om sosiale samehorigheid te bevorder en om plaaslike talent 'n platform te gee.

Tydens hierdie verrigtinge het Burgemeester Susarah Nero en Lid van Parlement, Agbare Erald Cloete aan al sewe spanne nuwe truie oorhandig.

In 'n merkwaardig vertoning het Marigolds RFC van Garies weereens weggestap as die kampioene, met 'puntetelling van 34 -22 teen Oceans RFC (Hondeklipbaai). Die 'Forward player' van die toernooi was Zairon Young van Oceans RFC, die 'Backline player' was Nathan Ruiter van Phantoms RFC (Kharkams), meeste driee van die toernooi Chreslin Saal van Marigolds RFC.

Burgemeester Susarah Nero het tydens haar toespraak die belangrikheid van sport as 'n instrument vir jeugontwikkeling beklemtoon.

Graag bedank ons ons borge, SAPD van Garies, Rugby Unie met skeidsregters, Mediese personeel en alle vrywilligers wie die dag moontlik gemaak het.

Advertisement: Recruitment of Narysec youth 2026/2027Applicants must complete the application form, who can be obtain at...
22/09/2026

Advertisement: Recruitment of Narysec youth 2026/2027

Applicants must complete the application form, who can be obtain at any municipal office in the municipal area, and attach their CVs, certified copies of their matric qualifications and proof of residence. Applicants must specify the learning programme they are applying for.

Applications can be send via email also to [email protected]

*Elektriese p**l wat val veroorsaak kragonderbreking in Soebatsfontein.*’n Elektriese p**l het vandag in die Soebatsfong...
15/09/2026

*Elektriese p**l wat val veroorsaak kragonderbreking in Soebatsfontein.*

’n Elektriese p**l het vandag in die Soebatsfongein area omgeval, wat tot ’n onderbreking in die elektrisiteitstoevoer in die omliggende gebied lei

Die elektriese span is in kennis gestel en is tans besig om die situasie te assesseer en sal more die nodige herstelwerk kan doen. Die veiligheid van inwoners, padgebruikers en personeel bly ’n prioriteit.

Inwoners word versoek om nie die gevalle p**l, kraglyne of enige beskadigde elektriese toerusting te nader of aan te raak nie, aangesien dit ’n ernstige veiligheidsrisiko kan inhou. Die publiek word ook versoek om die betrokke gebied, waar moontlik, te vermy totdat dit veilig verklaar is.

Die elektrisiteitstoevoer sal herstel word sodra die nodige herstelwerk voltooi is. Verdere inligting oor die verwagte hersteltyd sal beskikbaar gestel word sodra dit bevestig is.

Ons vra verskoning vir die ongerief wat deur die kragonderbreking veroorsaak word en bedank inwoners vir hul geduld en samewerking.

Die einde.

Kommunikasie afdeling.

Munisipaliteit installeer spoedwippe in Garies HoofstraatKamiesberg Munisipaliteit het spoedwippe in Garies se Hoofstraa...
14/09/2026

Munisipaliteit installeer spoedwippe in Garies Hoofstraat

Kamiesberg Munisipaliteit het spoedwippe in Garies se Hoofstraat geĂŻnstalleer as deel van sy voortdurende pogings om padveiligheid te verbeter en die veiligheid van alle padgebruikers te bevorder.

Die installering van die spoedwippe is daarop gemik om voertuigspoed te verminder, veral in ’n gebied waar voetgangers, inwoners en ander padgebruikers daagliks van die pad gebruik maak.

Die Munisipaliteit doen ’n beroep op motoriste om die spoedbeperkings en padtekens te gehoorsaam en om ekstra versigtig te bestuur wanneer hulle die spoedwippe nader.

Inwoners word ook versoek om padveiligheid eerste te stel en enige gevaarlike of onveilige padtoestande aan die Munisipaliteit te rapporteer.

Die Munisipaliteit waardeer die samewerking en ondersteuning van die gemeenskap en bly verbind tot die lewering van veilige en toeganklike padinfrastruktuur.

Die einde.

Kommunikasie Afdeling.

Address

Main Street 22
Garies
8220

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:00
Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 16:00
Thursday 07:30 - 16:00
Friday 07:30 - 16:00

Telephone

+27276528000

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kamiesberg Munisipaliteit posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Kamiesberg Munisipaliteit:

Share