Narsingstraat Primêre Skool

Directions Contact the organization

Narsingstraat Primêre Skool A public primary school based in Asheville, Graaff-Reinet, Eastern Cape, South Africa. Afrikaans medium school from Grade R to 7.

We have a hostel that accommodates both boys and girls. The school was established on 1988

Maandag, 02.11.2026🏆 SPESIALE DIPLOMAPLEGTIGHEID – NARSINGSTRAAT PRIMÊRE SKOOL 🏆Vandag het ons by Narsingstraat Primêre ...
02/11/2026

Maandag, 02.11.2026

🏆 SPESIALE DIPLOMAPLEGTIGHEID – NARSINGSTRAAT PRIMÊRE SKOOL 🏆

Vandag het ons by Narsingstraat Primêre Skool tyd gemaak om ons leerders se harde werk, toewyding en besondere prestasies te erken tydens ons Spesiale Diplomaplegtigheid. 🌟

Spesiale sertifikate is aan leerders oorhandig vir hul deelname, prestasies en bydraes op verskillende terreine, naamlik:
🏅 Wow Spel- en Telfees, Mental Maths Gr.3
🏃 Atletiek
🏐 Netbal
🏉 Rugby
♟️ Skaak
🚸 Skolierpatrollie
⭐ Prefekte
Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat deur hul harde werk, dissipline, leierskap en deursettingsvermoë die skool se naam hoog hou.
Baie geluk aan al ons leerders! Mag hierdie erkenning julle inspireer om aan te hou groei, nuwe hoogtes te bereik en altyd julle beste te gee.
Elke prestasie verdien erkenning, en elke leerder het die potensiaal om te skitter! 🌟

Geagte Ouers/VoogdeNeem asseblief kennis van die belangrike datums vir Kwartaal 4.
30/10/2026

Geagte Ouers/Voogde

Neem asseblief kennis van die belangrike datums vir Kwartaal 4.

🌿 KIDS IN PARKS-PROGRAM | GRAAD 6 🌿📅 14–16 Oktober 2026Van 14 tot 16 Oktober 2026 het 24 van ons Graad 6-leerders aan di...
27/10/2026

🌿 KIDS IN PARKS-PROGRAM | GRAAD 6 🌿
📅 14–16 Oktober 2026

Van 14 tot 16 Oktober 2026 het 24 van ons Graad 6-leerders aan die Kids in Parks-program by die Camdeboo Nasionale Park deelgeneem.

Die leerders het meer geleer oor die formasie van die rotse by die Vallei van Verlatenheid, die park se plantegroei en diere, asook die verskillende soorte parke in Suid-Afrika. Deur staproetes, opvoedkundige aktiwiteite en speletjies het hulle ook hul probleemoplossingsvaardighede en vermoë om as 'n span saam te werk, ontwikkel. Daar was natuurlik ook tyd vir ontspanning en swem! 🥾🌱🏊

Dit was 'n leersame én prettige ervaring wat ons leerders die geleentheid gebied het om dit wat hulle in die klaskamer leer, prakties te beleef.

💙 'n Spesiale woord van dank aan die personeel van die Camdeboo Nasionale Park se Opvoedkundige Sentrum wat hierdie waardevolle geleentheid jaarliks moontlik maak. Ons waardeer julle toewyding om leer vir ons leerders betekenisvol en onvergeetlik te maak!
Leer, ontdek en groei! 🌍

Dankie aan die onderwysers wat die leerders vir die 3 dae vergesel het. 💙💛

✨ PROVINSIALE WOW TELFEES 2026 ✨📍 Qqeberha | 17 Oktober 2026Ons is ongelooflik trots op die 8 leerders van Narsingstraat...
26/10/2026

✨ PROVINSIALE WOW TELFEES 2026 ✨
📍 Qqeberha | 17 Oktober 2026

Ons is ongelooflik trots op die 8 leerders van Narsingstraat Primêre Skool wat deurgedring het na die Provinsiale Wow Telfees-kompetisie wat op 17 Oktober 2026 in Qqeberha plaasgevind het! 🥳👏
Graad 4: Atarwa Mienies, Rafia Jooste
Graad 5: Israel Pieterse, Patricia Martins
Graad 6: Ryan Reid, Juahdre Martins
Graad 7: Jayed Uddin, Bayden Damons

Ons leerders het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en die naam van ons skool met trots hoog gehou. Hulle het nie net die geleentheid gekry om hul Wiskunde-vaardighede op provinsiale vlak ten toon te stel nie, maar ook waardevolle ervaring opgedoen, nuwe uitdagings aangepak en die geleentheid terdeë geniet. 🌟➕➖✖️➗

🎈 LEER, GROEI EN GENIET!
Na afloop van die kompetisie het ons leerders ook 'n bietjie welverdiende vermaak geniet. Dit was 'n wonderlike geleentheid om herinneringe te maak, saam te lag en die dag op 'n positiewe noot af te sluit. 😄🎊

💙💛 'N SPESIALE WOORD VAN DANK!

🙏 Aan ons ouers: Baie dankie dat julle hierdie besondere geleentheid aan julle kinders gegun het en hulle deurentyd ondersteun en aangemoedig het.
📚 Aan ons toegewyde onderwysers: Ons opregte dank vir elkeen se bydrae tot die voorbereiding van die leerders, asook die ondersteuning en samewerking wat hierdie deelname moontlik gemaak het. Julle betrokkenheid maak 'n verskil!

🧠 Aan die Wow Telfees-organiseerders: Baie dankie dat julle hierdie eerste Provinsiale Wow Telfees moontlik gemaak het en aan ons leerders die geleentheid gebied het om hul talent, kennis en vaardighede ten toon te stel.

🌟 Ons leerders, julle het ons trots gemaak! Julle deelname is 'n bewys dat harde werk, deursettingsvermoë en spanwerk deure na nuwe geleenthede kan oopmaak. Mag hierdie ervaring julle inspireer om aan te hou droom, leer en presteer!
💙💛





22/10/2026
17/10/2026

Graad 7 Uitstappie 2026

🌿 NARSINGSTRAAT PRIMÊRE SKOOL | GRAAD 7-OPVOEDKUNDIGE UITSTAPPIE 🌿📍 Vrydag, 16 Oktober 2026Leer met entoesiasme, ontdek ...
17/10/2026

🌿 NARSINGSTRAAT PRIMÊRE SKOOL | GRAAD 7-OPVOEDKUNDIGE UITSTAPPIE 🌿

📍 Vrydag, 16 Oktober 2026

Leer met entoesiasme, ontdek met verwondering en skep herinneringe vir die lewe! 💙💛

Op Vrydag, 16 Oktober 2026, het ons Graad 7-leerders ’n besonderse opvoedkundige, dog prettige uitstappie geniet, vanaf die asemrowende Vallei van Verlatenheid tot by die Camdeboo Educational Centre.

Dit was ’n dag vol ontdekking, nuwe kennis en waardevolle leerervarings buite die klaskamer. Die leerders het die geleentheid gehad om meer oor hul natuurlike omgewing te leer, hul horisonne te verbreed en onvergeetlike herinneringe saam met hul maats te skep. 🌍📚

🙏 Ons opregte dank en waardering gaan aan:

🌱 Camdeboo SanPark – Baie dankie dat u ons leerders so hartlik ontvang het en hierdie waardevolle opvoedkundige toer moontlik gemaak het, spesiale woord van dank ook aan Mnr Matimba wat behulpsaam was om hierdie uitstappie moontlik te maak.

🌱 Ons twee toegewyde gidse, Mnr. D. Williams en Mnr. A. Sylvester – Baie dankie dat u u kennis, ervaring en passie met ons leerders gedeel het. U bydrae het beslis tot ’n verrykende en leersame ervaring bygedra.

🌱 Ons ouers – Dankie vir u ondersteuning en vir die rol wat u gespeel het om hierdie besondere geleentheid vir ons leerders moontlik te maak.

🌱 Ons onderwysers en alle ander rolspelers – Baie dankie vir u tyd, toewyding, begeleiding en samewerking om te verseker dat hierdie uitstappie 'n sukses was.

Baie dankie aan almal wat bygedra het om hierdie dag vir ons Graad 7-leerders onvergeetlik te maak!

📸 Leer vandag, ontdek môre en bou herinneringe vir altyd!

🎗️💗 NARSINGSTRAAT PS STAAN SAAM TEEN KANKER! 💗🎗️, Vrydag:16.10.2026Vandag staan ons as die Narsingstraat PS-familie in s...
16/10/2026

🎗️💗 NARSINGSTRAAT PS STAAN SAAM TEEN KANKER! 💗🎗️, Vrydag:16.10.2026

Vandag staan ons as die Narsingstraat PS-familie in solidariteit met almal wat die stryd teen kanker stry, diegene wat tans behandeling ontvang, die oorwinnaars wat hoop bring en die geliefdes wat ons aan kanker afgestaan het. 🩷🤍

Ons harte gaan uit na elke persoon en familie wat deur hierdie uitdagende reis geraak word. Ons vier die moed, krag en deursettingsvermoë van elkeen wat hierdie stryd aanpak, en ons onthou met liefde en respek diegene wat nie meer met ons is nie. Julle stories sal nooit vergeet word nie. 🕊️💐

🙏 'n Spesiale woord van dank aan die Kankervereniging vir die waardevolle en positiewe rol wat julle speel in die lewens van persone wat met kanker gediagnoseer word. Dankie vir julle ondersteuning, leiding, omgee en die hoop wat julle aan pasiënte en hul families bring. Julle maak 'n betekenisvolle verskil!

Baie dankie aan ons ouers, leerders en personeel wat hierdie poging so Mooi ondersteun het. 💛💙

By Narsingstraat PS glo ons dat bewustheid, ondersteuning, liefde en medelye 'n kragtige verskil kan maak. Ons staan saam om hoop te versprei, bewusmaking te bevorder en elke persoon wat deur kanker geraak word, te herinner dat hulle nie alleen is nie. 💗

🎗️ Saam staan ons sterk. Saam versprei ons hoop. Saam maak ons 'n verskil!

🩷🤍

Address

Narsingstraat
Graaff-Reinet
6281

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 15:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Narsingstraat Primêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Narsingstraat Primêre Skool:

Shortcuts

Share

Category


Other Public Schools in Graaff-Reinet

Show All