Hoërskool Outeniqua (Kwaggas)

Call Directions Website Contact the organization

Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) Nuutste nuus en gebeure in Kwaggaland.

Hoërskool Outeniqua is ‘n openbare skool wat daarna streef om:
waardegedrewe, gebalanseerde en kwaliteit opvoeding aan leerders te bied en
hulle as verantwoordelike en trotse landsburgers voor te berei.

🥈 SILWER TROTS VIR KWAGGALAND🇿🇦Baie geluk aan Darnell Delport en sy span met die ongelooflike prestasie om ’n silwermeda...
03/11/2026

🥈 SILWER TROTS VIR KWAGGALAND🇿🇦

Baie geluk aan Darnell Delport en sy span met die ongelooflike prestasie om ’n silwermedalje by die Junior Olimpiese Spele in Dakar te verower!

Ons o.15A- en o.19A- Krieketspanne het teen York High school die naweek gespeel. Die uitslae lyk soos volg: 𝗢𝗛𝗦 𝗼.𝟭𝟵𝗔 𝘃𝘀...
02/11/2026

Ons o.15A- en o.19A- Krieketspanne het teen York High school die naweek gespeel.
Die uitslae lyk soos volg:

𝗢𝗛𝗦 𝗼.𝟭𝟵𝗔 𝘃𝘀 𝗬𝗼𝗿𝗸 𝗛𝗶𝗴𝗵 𝗼.𝟭𝟵𝗔 (𝟱𝟬 𝗯𝗲𝘂𝗿𝘁𝗲)

OHS o.19A = 235-7

- Hanno Swart = 103* lopies van 111 b***e
- Ross Taljaard = 37 lopies van 53 b***e

York High o.19A = 135-10

- Johalin Oosthuizen = 4-23 in 10 beurte

Resultaat = OHS o.19A wen met 100 lopies

𝗢𝗛𝗦 𝗼.𝟭𝟱𝗔 𝘃𝘀 𝗬𝗼𝗿𝗸 𝗛𝗶𝗴𝗵 𝗼.𝟭𝟱𝗔 (𝟱𝟬 𝗯𝗲𝘂𝗿𝘁𝗲)

OHS o.15A = 239-10

- Hendrik Hofmeyr = 70 lopies van 97 b***e
- Mi-Jeanne Botha = 44 lopies van 64 b***e

York High o.15A = 83-10

- Johnry Grimes = 3-22 in 6 beurte
- Washe Louw = 2-14 in 6 beurte

Resultaat = OHS o.15A wen met 156 lopies

SWEM:14 van ons Kwagga swemmers het Saterdag, 31 Oktober 2026 aan die tweede langbad (50 m) swemgala in Oudtshoorn deelg...
02/11/2026

SWEM:

14 van ons Kwagga swemmers het Saterdag, 31 Oktober 2026 aan die tweede langbad (50 m) swemgala in Oudtshoorn deelgeneem. Hierdie gala het geleentheid aan swemmers gebied om vir die opkomende Eden en Wes-Kaap kampioenskappe- en die 2027 SSA prestige streeks en nasionale galas te kwalifiseer. Dit was ook die Skole proewe gala. Hul uitslae is as volg:

◾️17 jaar en ouer:
🔹Sian Kleynhans
• 1 x 1 ste plek
• 2 x 2 de plekke
• 1 x 4 de plek

🔹Louis van Rooyen:
• 3 x 1 ste plekke
• 2 x 2 de plekke

◾️15 jaar:
🔹Christiaan Botha:
• 1 x 2 de plek
• 1 x 4 de plek
• 1 PB💥

🔹Milan Coleman:
• 2 x 1 ste plekke
• 2 x 2 de plekke
• 1 PB💥

🔹Miané Cronjé:
• 2 x 1 plekke
• 2 x 2 de plekke
• 1 PB💥

🔹Zack Earle:
• 2 x 1 ste plekke
• 1 x 3 de plek
• 2 PB’s💥

🔹Alice Esterhuyse:
• 3 x 1 ste plekke
• 1 PB💥

🔹Christian Smit:
• 7 × 1 ste plekke
• 2 × 2 de plekke
• 1 × 3 de plek
• 10 PB's💥

🔹Tiaan Terblanche:
• 2 x 1 ste plekke
• 3 x 2 de plekke
• 3 PB’s💥

◾️14 jaar:
🔹Isabeau Coetsee:
• 4 x 1ste plekke
• 2 PB’s💥

🔹Pierre Spies:
• 3 x 1 ste plekke
• 1 x 2 de plek

🔹Hallett Swanepoel:
• 3 x 1 ste plekke
• 2 x 2 de plekke
• 5 PB’s💥

◾️13 jaar:
🔹Lihan Grobbelaar:
• 3 x 2 de plekke
• 1 x 3 de plek
• 4 PB’s💥

🔹Kayla Kleynhans:
• 3 x 2 de plekke
• 3 x 3 de plekke
• 2 PB’s💥

Baie geluk met julle mooi prestasies. Julle maak die Kwaggas trots.

Sterkte met julle voorbereiding vir die volgende prestige galas:

• Eden Kampioenskappe: 28-29 November 2026, Oudtshoorn; en
• ⁠Wes-Kaap A Kampioenskappe (kwalifiserend): 10-14 Desember 2026, Universiteit van die Wes-Kaap, Kaapstad. 💦

Op die foto 1 v.l.n.r.: Kayla, Lihan, Louis, Sian, Christiaan, Hallett en Christian.
Op die foto 2 v.l.n.r.: Zack, Milan, Alice, Isabeau, Miané, Pierre, Lihan en Tiaan.

Vier van ons Kwagga-atlete het aan die OP Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms, die laaste tweekampbyeenkoms van 2026, dee...
02/11/2026

Vier van ons Kwagga-atlete het aan die OP Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms, die laaste tweekampbyeenkoms van 2026, deelgeneem en ons skool met trots verteenwoordig!

o.15-Dogters:
▪️ Ella Venter
▪️ Leah Hopper 🥉
▪️ Nina Koen

o.19-Dogters:
▪️ Lizandri Koen 🥉

🏆INDIVIDUELE PRESTASIES!

🥉 Leah Hopper en Lizandri Koen het albei bronsmedaljes in hul onderskeie ouderdomsgroepe verower!

Lizandri het boonop die vinnigste hardlooptyd onder die dogters by die byeenkoms aangeteken! Wat ’n besonderse prestasie!

Baie geluk, Kwaggas!

HOKKIE: ONS AMPER KWAGGAS VAN 2027 IS REEDS IN AKSIE!Die afgelope twee weke het ons die voorreg gehad om ons toekomstige...
30/10/2026

HOKKIE: ONS AMPER KWAGGAS VAN 2027 IS REEDS IN AKSIE!

Die afgelope twee weke het ons die voorreg gehad om ons toekomstige Kwaggas op die astro te verwelkom!

Ons “Amper Kwaggas” van 2027 het reeds saam met ons begin oefen en sommer vroeg ’n voorsmakie van die Kwagga-hokkiegees gekry!

Dit was heerlik om soveel entoesiasme, energie en nuwe talent op die astro te sien. Ons sien uit daarna om hierdie jong hokkiespelers volgende jaar amptelik as deel van die Kwagga-familie te verwelkom!

Die toekoms van Kwagga-hokkie lyk blink! 💜💛🖤

GHOLFBaie geluk aan Dandré Karstens wat as die George Junior Klubkampioen gekroon is! 🏆👏Dandré, ons is ongelooflik trots...
30/10/2026

GHOLF

Baie geluk aan Dandré Karstens wat as die George Junior Klubkampioen gekroon is! 🏆👏

Dandré, ons is ongelooflik trots op jou prestasie! Mag daar nog vele hoogtepunte op die gholfbaan vir jou voorlê! ⛳

🏗️VRYDAG-VORDERING | MULTIFUNKSIONELE SENTRUMVan fondasies en pilare tot ’n gebou wat nou behoorlik vorm aanneem! Die bo...
30/10/2026

🏗️VRYDAG-VORDERING | MULTIFUNKSIONELE SENTRUM

Van fondasies en pilare tot ’n gebou wat nou behoorlik vorm aanneem!

Die bouwerk aan Hoërskool Outeniqua se nuwe Multifunksionele Sentrum vorder uitstekend, en hierdie week se foto's vertel die storie sommer self!

📸 Die lugfoto’s gee ons ’n indrukwekkende blik op die omvang van die projek. Die betonstrukture en steenwerk is duidelik sigbaar, en die uitleg van die sentrum begin al hoe meer vorm aanneem.

🏗️ Ook op grondvlak is die vordering opvallend! Heelwat van die steierwerk aan die buitekant is reeds verwyder, wat ons nou ’n baie beter blik op die gebou se ontwikkelende voorkoms gee.

Dit is opwindend om te sien hoe hierdie groot droom, week ná week, ’n werklikheid word!

💜💛 Ons bou nie net aan ’n nuwe sentrum nie, ons bou aan die toekoms van Hoërskool Outeniqua en ons Kwaggagemeenskap!

BEHEERLIGGAAM: VAKATURE 1 JANUARIE 2027POS: OPVOEDER: Gasvryheidstudies gr. 10 – 12.Bestuur van Kwagga Cuisine en aanbie...
30/10/2026

BEHEERLIGGAAM: VAKATURE 1 JANUARIE 2027

POS: OPVOEDER: Gasvryheidstudies gr. 10 – 12.
Bestuur van Kwagga Cuisine en aanbieding van funksies.

Aansoeke sluit op Vrydag 6 November 2026 om 12:00
Rig aansoeke aan:
Die Skoolhoof
Hoërskool Outeniqua
Stuur asseblief alle aansoeke na [email protected]

’N SPESIALE AFSLUITING VIR ONS KWAGGA-DAMES! 💜🌸’n Dag vol lag, lekker saamkuier, bederf en kosbare herinneringe!Ons Kwag...
29/10/2026

’N SPESIALE AFSLUITING VIR ONS KWAGGA-DAMES! 💜🌸

’n Dag vol lag, lekker saamkuier, bederf en kosbare herinneringe!

Ons Kwagga-dames het die geleentheid gehad om die jaar op ’n besonderse manier af te sluit tydens ’n heerlike La Dolce Vita-kuier by The Pottery.

Dit was ’n welverdiende bederf vir die vroue wat elke dag met soveel liefde, toewyding en passie ’n verskil in ons skool en die lewens van ons leerders maak. 💐

’n Hartlike DANKIE aan ons wonderlike borge wat gehelp het om hierdie dag ekstra spesiaal te maak!

💜 EasyCare – ons hoofborg, vir die besondere ondersteuning en bederf. Easycare Health

🌸 The Pottery – vir die pragtige geleentheid en heerlike atmosfeer. The Pottery

🎁 Stempel Blomme – vir die pragtige blomme. Stempel Blomme

🎁 Imvusa Furniture – vir die spesiale geskenk. Imvusa Furniture

🎁 boon._bites, landisartistry en graced.earth collective – vir die ruim bydraes en geskenkbewyse. boon. Landi Raath | Makeup Artist George Graced Earth Collective Gifts

Ons waardeer elke onderneming se vrygewigheid en bereidwilligheid om ons Kwagga-dames te bederf. Julle het beslis gehelp om hierdie dag onvergeetlik te maak! 💛

Aan elke dame van Hoërskool Outeniqua: Dankie vir wie julle is en vir alles wat julle doen. Julle is ’n onmisbare deel van ons Kwagga-familie!

BUITESPORT | SKOPBOKSBaie geluk aan Duané Boshoff wat op 10 Oktober 2026 aan die Wes-Kaapse Skopbokskampioenskappe in Su...
29/10/2026

BUITESPORT | SKOPBOKS

Baie geluk aan Duané Boshoff wat op 10 Oktober 2026 aan die Wes-Kaapse Skopbokskampioenskappe in Sunningdale, Kaapstad, deelgeneem het!

Duané het uitstekend presteer en 2 silwermedaljes 🥈🥈in haar onderskeie afdelings verower!

Baie geluk Duané, ons is baie trots op jou!💜💛🖤

Address

Courtenay Street
George
6530

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:30
Tuesday 07:30 - 14:30
Wednesday 07:30 - 14:30
Thursday 07:30 - 14:30
Friday 07:30 - 14:30

Telephone

+27448744156

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool Outeniqua (Kwaggas):

Shortcuts

Share

Nearby government services