Afrikaanse Hoër Seunskool - Affies

Directions Website

Afrikaanse Hoër Seunskool - Affies Amptelike Facebook-blad van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.

AFFIE-SKAAKDie Gauteng Skole Individuele Skaakkampioenskap het die afgelope naweek in Benoni plaasgevind. Die beste skaa...
02/11/2026

AFFIE-SKAAK

Die Gauteng Skole Individuele Skaakkampioenskap het die afgelope naweek in Benoni plaasgevind.

Die beste skaakspelers in hul onderskeie distrikte het aan die kampioenskap deelgeneem.

In die o.15-afdeling behaal Michael Bain (gr. 9) ‘n algehele tweede plek in Gauteng.

Baie geluk!

IN MEMORIAMDit is met leedwese wat Affies verneem het van die afsterwe van mnr. T.L.P. (Tjaart) Kruger, voormalige hoof ...
02/11/2026

IN MEMORIAM

Dit is met leedwese wat Affies verneem het van die afsterwe van mnr. T.L.P. (Tjaart) Kruger, voormalige hoof (April 1985 tot middel 1991) van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

Mnr. Kruger het ’n wye spektrum van akademie, sport en kultuur omarm – ’n filosofie wat hy sy hele lewe en onderwysloopbaan lank uitgedra het.

Mnr. Kruger se aanvaarding van die hoofskap in 1985 het met ’n uiters stormagtige en gespanne tydperk in Suid-Afrika saamgeloop. Te midde van politieke veranderinge, veiligheidsuitdagings en breër maatskaplike druk, het hy egter standvastig gebly. Sy doelwit vir die skool was duidelik uitgestippel: “Totale deelname en ontwikkeling van ons seuns.”

Onder sy leiding het Affies op talle terreine gedy. Mnr. Kruger was handig en het hom sterk beywer vir die opgradering van die skool se fasiliteite. Met die ondersteuning van die ouervereniging is die historiese herbeplanning van die sportterrein vanaf 1986 van stapel gestuur. Dit het die omskakeling van die B-rugbyveld, die verskuiwing van die skietbaan en die skep van nuwe krieketkolfblaaie en -nette ingesluit, wat die grondslag vir dekades se sportprestasies gelê het. Beide die sport- en kultuurlewe het tydens sy termyn ’n bloeityd beleef.

Mnr. Kruger was bekend vir sy toewyding. Met sy vertrek na Ermelo as kringsuperintendent in Junie 1991, is die skooljaarblad, Die Lig, aan hom opgedra met die woorde: “Baie dankie vir u leiding, totale betrokkenheid en lewenslange lojaliteit.”

Sy indrukwekkende rekord getuig van ’n leier wat besef het dat die moeilikste tye en grootste struikelblokke geleenthede bied om te groei. Mnr. Kruger het ’n indruk gelaat op elkeen wat die voorreg gehad het om sy pad te kruis en sy voetspore bly diep in die geskiedenis van Affies ingegraveer.

Ons dink in hierdie tyd aan sy familie, vriende en oud-kollegas.

Heil die Affie.

In die tweede foto verskyn mnr. Peregrine Joynt (huidige hoof) en die voormalige hoofde van Affies mnr. Tjaart Kruger, mnr. Ned Roesch en dr. Pierre Edwards.

AFFIE-KRIEKET Hiermee die uitslae van die jaar se laaste wedstryde, wat van 27-31 Oktober plaasgevind het.31 Oktober 1st...
02/11/2026

AFFIE-KRIEKET

Hiermee die uitslae van die jaar se laaste wedstryde, wat van 27-31 Oktober plaasgevind het.

31 Oktober

1stes teen ST. DAVIDS
St. Davids - 303/6
Affies - 305/5
Zian Labuschange: 100
Paul Bester: 128 nie uit nie
Affies wen met 5 paaltjies

2des teen ST. DAVIDS
St. Davids - 200/8
Affies - 168/10
Affies verloor met 32 lopies

15A teen St. Davids
St. Davids - 117/10
Tristan Blunden: 5 vir 18
Affies - 118/2
Affies wen met 8 paaltjies

14A teen St. Davids
St. Davids- 315/5
Affies - 183/10
Affies verloor met 132 lopies

14B teen St. Davids B
Affies - 330/4
Ethan Raath: 116 nie uit nie
Stiaan Ludik: 104
St. Davids - 165/10
Affies wen met 165 lopies

30 Oktober

1stes teen Cornwall Hill (Titans SA20 semi-finaal)
Affies - 132/8
Cornwall - 113/7
Affies wen met 19 lopies

1stes teen Garsfontein (Titans SA20 finaal)
Affies - 152/8
Garsfontein - 120/5
Affies wen met 32 lopies

27 Oktober

1stes teen St. Albans (Titans SA20)
St. Albans - 88/8
Affies - 89/1
Affies wen met 9 paaltjies

15B teen St. Davids B
St. Davids - 85/10
Affies - 86/1
Affies wen met 9 paaltjies

14E teen St. Davids C
St. Davids - 58/10
Affies - 61/2
Affies wen met 8 paaltjies

AFGRI
Renault South Africa
Arrie Nel Apteekgroep/ Arrie Nel Pharmacy Group
IXU Sport
fairtree_group

AFFIE-KRIEKETHiermee die uitslae van 19-25 Oktober se wedstryde:25 Oktober 1stes teen Oppenheimer XIAffies - 196/10Oppen...
26/10/2026

AFFIE-KRIEKET

Hiermee die uitslae van 19-25 Oktober se wedstryde:

25 Oktober

1stes teen Oppenheimer XI
Affies - 196/10
Oppenheimer - 197/8
Affies verloor met 2 paaltjies

24 Oktober

AFFIES TEEN GREY COLLEGE

1stes
Affies - 197/10
Grey - 90/10
Affies wen met 107 lopies

2des
Grey - 211/10
Affies - 214/3
Henco Smith: 100 nie uit nie
Affies wen met 7 paaltjies

15A
Affies - 307/7
Grey - 138/10
Affies wen met 169 lopies

15B
Grey - 132/10
Affies - 134/6
Affies wen met 4 paaltjies

14A
Affies - 103/10
Grey - 104/4
Affies verloor met 6 paaltjies

14B
Grey - 189/10
Affies - 114/10
Affies verloor met 75 lopies

22 Oktober

1stes teen Mamelodi 1stes (SA20)
Mamelodi - 18/10
Affies - 20/0
Affies wen met 10 paaltjies

21 Oktober

14F teen Curro Hazeldean A
Curro - 66/10
Affies - 67/1
Affies wen met 9 paaltjies

20 Oktober

14F teen Menlopark D
Menlo - 84/9
Affies - 85/6
Affies wen met 4 paaltjies

1stes teen Eersterust 1stes (SA20)
Eersterust - 30/10
Affies - 32/0
Affies wen met 10 paaltjies

19 Oktober

6des teen Tyger Valley 1stes
Tyger Valley - 124/10
Affies - 127/2
Affies wen met 8 paaltjies

5des teen Midstream 4des
Affies - 170/5
Midstream - 152/10
Affies wen met 18 lopies

Baie geluk, kêrels!

AFGRI
Renault South Africa
Arrie Nel Apteekgroep/ Arrie Nel Pharmacy Group
IXU Sport
fairtree_group

AFFIES BESTE HOKKIESKOOL IN PRETORIABaie geluk aan die hokkiemanne wat vanjaar deur die Northern Blues Hokkievereniging ...
26/10/2026

AFFIES BESTE HOKKIESKOOL IN PRETORIA

Baie geluk aan die hokkiemanne wat vanjaar deur die Northern Blues Hokkievereniging as die beste seuns hokkieskool in Pretoria aangewys is.

Mooi skoot, kêrels!

AFFIE-KONSERTORKESDie Konsertorkes het Saterdag die 2027-orkesjaar met 'n oefendag by die skool afgeskop. Nie minder nie...
26/10/2026

AFFIE-KONSERTORKES

Die Konsertorkes het Saterdag die 2027-orkesjaar met 'n oefendag by die skool afgeskop. Nie minder nie as 64 orkeslede het aangemeld.

Ons sien uit om te hoor wat julle in 2027 bereik na 'n baie suksesvolle 2026.

AFFIE-WATERPOLOHiermee die uitslae van die wedstryde van 16-18 Oktober: PBHS & Jeppe14D wen PBHS, 5-114C wen PBHS, 10-21...
26/10/2026

AFFIE-WATERPOLO

Hiermee die uitslae van die wedstryde van 16-18 Oktober:

PBHS & Jeppe
14D wen PBHS, 5-1
14C wen PBHS, 10-2
14B wen Jeppe, 5-3
14B wen PBHS, 5-1
15C wen PBHS, 5-3
15B wen Jeppe, 4-1
15B wen PBHS, 4-3
4des wen PBHS, 7-6
3des wen Jeppe, 14-0
3des wen PBHS, 8-2

14A – St. David’s Toernooi
Wen teen Jeppe Boys High, 6-3
Wen teen St. Stithians College, 9-1
Verloor teen St. David’s Marist Inanda, 4-8
Wen teen Lucky Dragons Klub, 6-4
Verloor teen St. Johns College, 7-8 (kwarteindronde)
Wen teen KES, 8-7
Eindig 3de uit 8 spanne

2de Span - Reddam Toernooi
Verloor teen St. Stithians College 2des, 2-3
Verloor teen Merrifield College 1stes, 7-9
Wen teen Reddam Bedfordview 1stes, 16-1
Wen teen Parktown Boys High 1stes, 12-5
Wen teen St. Davids Marist Inanda 2des, 7-3
Wen teen Grey PE 2des, 7-1
Eindig 9de uit 16 skole

1ste Span St. Stithians Toernooi
Verloor teen St. Stithians College, 3-8
Verloor teen St. John’s College, 2-8
Wen teen Woodridge College, 15-6
Wen teen KES, 5-4
Gelyk teen Grey PE, 7-7 (wen 3-2 op strafdoel uitskiet)
Verloor teen Rondebosch Boys High, 2-13 (kwarteindronde)
Verloor teen Bishops, 3-12
Verloor teen St. Johns College, 3-9
Eindig 8ste uit 20 skole

Baie geluk, manne!

STROOM-OP, DERDE UITGAWE VAN 2026Volg gerus die skakel om die nuutste uitgawe van die skoolkoerant, Stroom-Op, te lees: ...
23/10/2026

STROOM-OP, DERDE UITGAWE VAN 2026

Volg gerus die skakel om die nuutste uitgawe van die skoolkoerant, Stroom-Op, te lees:https://www.affies.com/wp-content/uploads/StroomOp-3e-Uitgawe-2026-Web.pdf

AFFIE-ATLETIEKDie Affie-atlete het van 15 tot 17 Oktober 2026 aan die gesogte Wildeklawer NWU Top30-atletiekbyeenkoms in...
19/10/2026

AFFIE-ATLETIEK

Die Affie-atlete het van 15 tot 17 Oktober 2026 aan die gesogte Wildeklawer NWU Top30-atletiekbyeenkoms in Sasolburg deelgeneem en ‘n derde plek in die seunsafdeling behaal. Curro Hazeldean het die eerste plek behaal, met Menlopark in die tweede plek.

Die 4×100 m-aflosspan het die toeskouers beïndruk deur die aflos in ’n uitstekende tyd van 41,51 sekondes te voltooi.

Altesaam 16 Affie-atlete het meer as 850 punte op die ABSA-puntetabel behaal.

’n Besonderse hoogtepunt was Juan Maasdorp (o.15) se uitsonderlike prestasie in die 100 m-hekkies. Juan het die afstand in ’n blitsige tyd van 12,46 sekondes afgelê en daarmee Naeem Jack se Suid-Afrikaanse rekordtyd verbeter. Hoewel die prestasie nie as ’n amptelike Suid-Afrikaanse skole-rekord erken word nie, aangesien die Top30 nie ’n Suid-Afrikaanse skolekampioenskap is nie, bly dit ’n merkwaardige prestasie.

Die versengende hitte het die byeenkoms uitdagend gemaak, maar die Affie-manne het steeds met vasberadenheid en toewyding deelgeneem.

Baie dankie aan al die atlete en afrigters vir ‘n baie goeie naweek. Sterkte aan al die atlete wat nou in volle swang begin met die voorseisoenprogram.

AFGRI

Address

Lynnwoodweg 1
Pretoria
0002

Opening Hours

Monday 09:00 - 15:00
Tuesday 07:30 - 15:00
Wednesday 07:30 - 15:00
Thursday 07:30 - 15:00
Friday 07:30 - 15:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Afrikaanse Hoër Seunskool - Affies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category

Nearby government services