Potchefstroom Gimnasium

Call Directions Website Contact the organization

Potchefstroom Gimnasium Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Potchefstroom Gimnasium, Molen Street, Potchefstroom.

Vandag vier Gimmies juffrou Cecile Meyer se verjaarsdag.
01/11/2026

Vandag vier Gimmies juffrou Cecile Meyer se verjaarsdag.

Gimmie-Kunste maak naam op nasionale vlak! 🌟Baie geluk aan al ons leerders met hul besonderse prestasies by die nasional...
30/10/2026

Gimmie-Kunste maak naam op nasionale vlak! 🌟

Baie geluk aan al ons leerders met hul besonderse prestasies by die nasionale Allegretto IPE! Ons is ongelooflik trots op elkeen wat Gimmies se naam met soveel trots verteenwoordig het. Hierdie prestasies is ’n bewys van die uitsonderlike talent, toewyding en harde werk van ons leerders, maar ook van die uitmuntende gehalte van afrigting en kundigheid by Gimmies. Ons is trots om ’n skool te wees waar talent raakgesien, ontwikkel en tot op nasionale vlak geneem word! 💙🤍

Gimmies sê dankie!💙Wat ’n jaar was dit nie! ’n Jaar gevul met besondere sport-, akademiese- en kultuurprestasies, harde ...
30/10/2026

Gimmies sê dankie!💙

Wat ’n jaar was dit nie! ’n Jaar gevul met besondere sport-, akademiese- en kultuurprestasies, harde werk, groei en hope Gimmie-trots. Agter elke prestasie lê ure se toewyding, deursettingsvermoë en mense wat elke tree van die pad saamstap.

’n Opregte dankie aan ons borge, ouers, vriende en ondersteuners vir julle volgehoue geloof, betrokkenheid en ondersteuning. Dankie dat julle deel is van die Gimmie-familie en help om hierdie besonderse suksesverhaal moontlik te maak.

Ons kyk met groot opgewondenheid terug op 2026 en sien uit na alles wat nog voorlê. Mag 2027 nóg meer geleenthede, groei en onvergeetlike Gimmie-oomblikke bring! 💙🤍

Een span. Een familie. Een Gimmie-trots!

🏏 Gimmies se kriekettrots! 💙Ons is ongelooflik trots op die volgende Gimmies wat vir Noordwes-spanne gekies is.Ons sien ...
29/10/2026

🏏 Gimmies se kriekettrots! 💙

Ons is ongelooflik trots op die volgende Gimmies wat vir Noordwes-spanne gekies is.

Ons sien met groot opgewondenheid uit na wat die toekoms vir hierdie talentvolle Gimmies inhou. Mag julle aanhou groei, presteer en die Gimmie-naam met trots verteenwoordig! 🏏💙

’n Gimmie-groet aan die Luiperds! 🐆💙 Ons het dit baie geniet om die Luiperds-rugbyspan vir 'n oefensessie by Gimmies te ...
26/10/2026

’n Gimmie-groet aan die Luiperds! 🐆💙 Ons het dit baie geniet om die Luiperds-rugbyspan vir 'n oefensessie by Gimmies te verwelkom. Dit was ’n voorreg om ons fasiliteite met hulle te deel en die energie op die veld te ervaar. Baie sterkte met die seisoen wat voorlê – ons wens julle ’n suksesvolle jaar toe! 🏉

GIMMIE-SPORTGimmies se swemmers het tydens die Noordwes-kortbadkampioenskappe van 9 tot 11 Oktober 2026 uitstekende pres...
25/10/2026

GIMMIE-SPORT
Gimmies se swemmers het tydens die Noordwes-kortbadkampioenskappe van 9 tot 11 Oktober 2026 uitstekende prestasies behaal. 🏊‍♀️
Verskeie swemmers het podiumplekke ingepalm, terwyl Irma Kotze boonop met ses kampioenskapsrekords uitgeblink het!

Uitslae
• Irma Kotze: 8 eerste plekke en 6 kampioenskapsrekords.
• Egbert Palmer: 5 eerste, 4 tweede en 1 derde plek.
• Ansuné van Vuuren: 1 eerste, 3 tweede en 4 derde plekke.
• Inneke Liebenberg: 2 eerste en 3 tweede plekke.
• Keegan Tredoux: 1 eerste, 3 tweede en 2 derde plekke.
• René Kotze: 1 eerste, 2 tweede en 1 derde plek.
• Henri Jonker: 1 tweede en 3 derde plekke.
• Nicoline du Preez: 2 derde plekke.
• Andrew Klopper: 1 derde plek.
• Mienke Rutherford: 1 derde plek.
• Minke Bester: 1 derde plek.
• Christiaan Nel: 1 tweede plek.

Hoogtepunte
• Irma Kotze: 8 eerste plekke en 6 kampioenskapsrekords.
• Egbert Palmer: 10 podiumplekke, waaronder 5 eerste plekke.
• Ansuné van Vuuren: 8 podiumplekke.
• Keegan Tredoux: 6 podiumplekke.

Ons Gimmie-swemmers het beslis hul merk in die swembad gemaak! Baie geluk!

🏏💙🤍 KRIEKET SA20 | KWARTEINDSTRYD 🤍💙Gimmies se eerste krieketspan kraai koning teen RHS!RHS: 115/6 na 20 beurte🎾 Juvan B...
24/10/2026

🏏💙🤍 KRIEKET SA20 | KWARTEINDSTRYD 🤍💙

Gimmies se eerste krieketspan kraai koning teen RHS!

RHS: 115/6 na 20 beurte
🎾 Juvan Botes – 3 paaltjies vir 14 lopies
🎾 Damian Kruger – 2 paaltjies vir 23 lopies

Gimmies: 116/3 na 14 beurte
🏏 Lukas Kotze – 44 lopies
🏏 Juvan Botes – 27 lopies

💙🤍 GIMMIES WEN MET 7 PAALTJIES! 🤍💙

Julle maak ons trots!🏏

GIMMIE-SPORTGimmie-tennisseisoen word op ’n hoë noot afgesluit!Die Gimmie-tennisspelers het die jaar met ’n gesellige la...
24/10/2026

GIMMIE-SPORT
Gimmie-tennisseisoen word op ’n hoë noot afgesluit!

Die Gimmie-tennisspelers het die jaar met ’n gesellige laaste bymekaarkom afgesluit voor die eksamen aanbreek. Met pret op die tennisbaan, lekker saamkuier en ’n braai om die dag af te sluit, was dit ’n besondere manier om die seisoen te eindig.

Baie dankie aan elke speler, ouer en afrigter vir julle bydrae, ondersteuning en toewyding deur die jaar. Ons is dankbaar vir ’n suksesvolle jaar en sien met opgewondenheid uit na wat die volgende seisoen inhou! 🎾💙 GSOK Gimmie-sport Ondersteunersklub

GIMMIE-SPORT ’n Jaar van harde werk, kilometers en onvergeetlike herinneringe!Die Gimmie-landloopatlete het die seisoen ...
24/10/2026

GIMMIE-SPORT
’n Jaar van harde werk, kilometers en onvergeetlike herinneringe!

Die Gimmie-landloopatlete het die seisoen op ’n besondere manier afgesluit met hul jaarlikse afsluitingsfunksie by Waffle Spot. Dit was ’n geleentheid om terug te kyk op ’n jaar vol toewyding, uitdagings en mooi prestasies.

Soos oudergewoonte was ons matriekatlete die eregaste. Mathilda, Dylan en Migael het elkeen ’n spesiale geskenkie ontvang as herinnering aan die landloopgroep waarvan hulle vir vyf jaar deel was. 🏅

Die trofee vir Beste Vordering is vanjaar aan Rianca Jonker toegeken – ’n welverdiende erkenning van haar groei en harde werk deur die seisoen. 👏

Ons het ook met groot waardering vir ons drie afrigters geskenke oorhandig as ’n blykie van dank vir hul tyd, leiding en toewyding.

Baie geluk aan elke landloopatleet met ’n suksesvolle seisoen! Ons is trots op julle en sien met opgewondenheid uit na nóg ’n jaar van nuwe doelwitte, harde werk en mooi prestasies. GSOK Gimmie-sport Ondersteunersklub

GIMMIE-SPORTOns atlete het ongelooflike prestasies behaal, met verskeie top 10-posisies en uitslae bo 800 punte. Dit is ...
23/10/2026

GIMMIE-SPORT
Ons atlete het ongelooflike prestasies behaal, met verskeie top 10-posisies en uitslae bo 800 punte. Dit is prestasies waarop Gimmies met reg trots kan wees!

🏆 Top 10-posisies:

Hayley Lues: 90 mH – 10de; 300 mH – 9de

Vinaldo Spamers: Diskus – 2de; Gewigstoot – 3de

Katlego Mphamo: 100 mH – 6de

Conner Hollenbach: 110 mH – 6de

Armin Opperman: Gewigstoot – 8ste

Cody McCarthy: 200 m – 10de; 400 m – 2de

Renate van der Merwe: 5000 m-stap – 1ste

Hattingh Moller: 5000 m-stap – 3de

Damian Zwahlen: Spiesgooi – 3de

Lizé van Zyl: 200 m – 9de; 100 m – 3de

⭐ Prestasies bo 800 punte:

Hayley Lues: 90 mH – 876; 300 mH – 850

Vinaldo Spamers: Diskus – 939; Gewigstoot – 877

Katleho Mohamo: 100 mH – 882

Lizé van Zyl: 100 m – 908; 200 m – 840

Renate van der Merwe: 5000 m-stap – 886

Damian Zwahlen: Spiesgooi – 803

Baie geluk aan elke atleet! Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë maak ons ongelooflik trotsGSOK Gimmie-sport Ondersteunersklub

Address

Molen Street
Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+27182930267

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Potchefstroom Gimnasium posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Potchefstroom Gimnasium:

Shortcuts

Share